Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

12/02/2009

"God is liefde... "

Hierdie woorde staan in 1 Joh 4:8. (Lees verder)

5 comments:

Henrietta said...

Eintlik moet mens die hele versie/hoofstuk lees - dit is so ryk in betekenis: "Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde".

Henrietta said...

Vir ons as mense is dit moeilik om te begryp, want ons kan bloot sê: ek het lief (oftewel : ek het 'n gevoel van liefde vir of 'n mate van liefde teenoor 'n bepaalde persoon). Om te sê dat God liefde IS - is iets heeltemal anders.

Een van die mooiste verduidelikings wat ek iewers in hierdie verband gelees het is die volgende: soos die son nie anders kan as om lig uit te straal nie, kan God niks anders uitstraal as liefde nie. Net soos donderte op geen manier lig kan oorwin nie, kan niks hierdie uitstraling van God se liefde uitdoof nie - mooi né?

Henrietta said...

Een van die mees algemene vrae wat ongelowiges mee worstel, is : hoe kan 'n God van liefde sondaars hel toe stuur?

Liefde is net een van die vele eienskappe van God. 'n Ander eienskap is Heiligheid. Sonde is onversoenbaar met God se heiligheid en dit is die rede waarom Christus aan die kruis moes sterf.

Een van die merkwaardigste verse vir my in die Bybel is Rom 5:8 - dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was (die prediker het ses uur vanoggend ook daaroor gepraat).

Gideon said...

Ek sou graag ook net 'n stuiwer in die beursie gooi: Daar is 3 Griekse woorde wat almal met liefde vertaal word - wat jy baie moontlik reeds weet(Ek probeer spel so na as moontlik aan die Afrikaans):
1. Eros: Erotiese liefde (gedryf deur die geslagsdrang)
2. Fielê: Broederlike liefde (Geen erotiek betrokke)
3. Aghapê: (Goddelike) liefde.
Jou aangehaalde gedeelte is soos in "3." hierbo.
Ja, as mens sien wat die wêreld met God doen en Hy het hulle nog steeds net so lief, gaan staan jou verstand ook maar stil.

Yf said...

liefde is om altyd self-opofferend die beste vir die ander een te wil hê - maar nie wat jy dink of wat die ander een dink die beste vir hom of haar is nie, maar wat Jesus Christus dink die beste sal wees. En hoe nader ons aan Christus leef hoe beter sal ons weet wat Hy dink die beste vir ons naaste is.
Vrede daar.