Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/05/2009

metafore vir die gemeenskap van die gelowiges

Dag Vriende.
Ek het in die Bybelineum (2009 - geskryf vir die NLV) die volgnede interessante stukkie raakgelees. Soos so dikwels gebeur, het ek eintlik iets ander gesoek, maar hier is dit:

Metafore vir gelowiges:
Kinders (onvolwassenheid: 1 Kor. 3: 1-23;
Plantjies op God se saailand: 1 Kor. 3:5-9a;
God se gebou: 1 Kor. 3:9b-17
God se huis: Heb. 3:1-6;
Liggaam van Christus: Ef. 1:22,23, 4:1-16;
Atlete: Heb. 12:1-3;
‘n Stoeier: Heb. 12:4

Speel nou die assosiasie speletjie. Sosiologies gesien, waaraan dink jy as jy 'n mooi gebou sien? Of 'n huis? (lees tuiste, dink ek. Daar is mos selfs aangename reuke wat jou aan jou ouerhuis of aan jou eerste huis wat julle as egpaar bewoon het, laat dink.)

Ek is seker julle kan nog metafore byvoeg. Een wat ek sou kon byvoeg is: Maganajim "Dit is 'n leër van God," (Gen. 32:2 en Josua 5:13,14)

Vrede daar

5 comments:

Yf said...

Ek wou nog sê ek weet die teksverwysings het eintlik met engele te doen, maar in die konteks van Openbaring waar ons saam met die Oorwinnaar en Aaanvoerder sal wees, is ons nie dan ook lede van Maganajim nie? O ja en wat van daar waar dit sê jy moet gepantser en veggereed raak. Dit staan mos in, ag waar nou weer?

Nog baie vrede en nabyheid vir julle.

Henrietta said...

Dankie vir hierdie onderwerp, Yf!Die gepanser en veggereed deel van jou laaste plasing het my laat dink aan die laaste deel van Ps 18 (hier van vers 33 af) - interessant dat die Psalmis sê dat GOD sy hande leer om oorlog te maak!!

Ek hou baie voëls, dus is al die voëlmetafore vir my baie besonders. My allergunsteling is Ps 91. Iewers in Deutr is daar 'n verwysing na hoe God soos 'n ouer-arend is wat die kind-arend sorgsaam opvang as dit vlieglesse kry.

Dan waar Jesus sê Hy wou Jerusalem beskerm soos 'n moederhen haar kuikens beskerm - traan-in-die-oog mooi!

Henrietta said...

Nog metafore vir gemeenskap van die heiliges: God se wingerd (Matteus 20:1-16), God se gebou , God se volk (1 Petrus 2:5-10) en die liggaam van Christus (Efesiërs 4:15-16). Bruid: (Openbaring 21?) Ef 5:27 "sonder vlek of rimpel" - soos die spierwit kleed van 'n bruid?

Liza said...

Op versoek van Gideon. Hy sê die blog ly glo aan geheueverlies en willie sy wagwoord aanvaar nie, maar miskien ly die ds aan 'geheueverlies' oorlat hy so lank laaste gepos het...?:)

Dan is daar nog Sy kudde (Joh.10 ens.), die 5/10 verstandige meisies en die oes wat ingebring word (Mat.3:12; 13:30; 9:37).

En ek wonder of Yf nie miskien gedink het aan Efes.6:12-17 (die gewapende, slaggereed gelowige).

Groetnis

Gideon.

Yf said...

Dag vriende,

Dankie julle vir 'n sinvolle en heerlike gesprek. Genoeg stof vir 'n preek reeks. Ek sal bietjie deurgee vir Peter Loyola (klink Spaans, maar hy is eintlik ons swart predikant wat Sondae 2 uur vir sy mense kerkhou en altyd op soek is na temas.) Julle bydraes is dus deel van 'n blye boodskap bring aan mede gelowiges en nie net sommer 'n stuk teorie wat in die lug hang nie.

Liza, kry vir jou 'n medalje by die kwartiermeester en gaan sit voor in die klas. Dis presies waaraan ek gedink het. Dis tog so goed as mens Bybelversies kan identifiseer uit vae verwysings. Ek wil juis later iets met julle deel oor "The book of the coffemaker." Maar eers nog 'n ander metafoor wat ek raakgeloop het op 'n nuwe draad.

Vrede daar.