Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/12/2009

METAFORE VIR DIE BYBEL


Die Vervaaardiger se Handleiding - hoe jy binne jou vier verhoudinge moet "operate."
Venster - As die Here die son sou voorstel is Sy Woord die venster waardeur ons Hom raaksien. Hoe naby is jy aan jou venster en hoe "skoon" is (hoe goed ken jy) jou venster? Afstand en skoonheid maak 'n groot verskil!
Spieël / Liniaal - Ek weet nie van so 'n aardse instrument nie, maar die Bybel is verseker iets waarin jy jouself kan beskou en terselfdertyd meet.
Roer - soos van 'n skip en soos van 'n boer?
Terapeut - die Woorde van die Groot Geneesheer, het my al baie gehelp, moet ek sê
Tou- of begeleier - Die Bybel wys tog immers God se wil vir ons lewens aan soos wat 'n touleiertjie die rigting wil waarin die osse moet loop.

Jammer ek het nie teksversies vir ondersteuning nie.

Ek is seker julle wil, soos gewoonlik, ook 'n bydrae maak.

4 comments:

Henrietta said...

"Bybelstudie a la Yf" - goeie manier om ons te dwing om versies te gaan soek ;)))))

Henrietta said...

Nou ja, laat my probeer :

Terapeut : Strongs gee drie woorde met dieselfde wortelbetekenis (Strongs nrs 2322; 2323; 2324.
2322 – therapeia= genesing – Openb 22v2; Matt 4:24, Matt 8:16, Matt 12:15, Matt 12:22, Matt 14:14, Matt 15:30, Matt 19:2, Matt 21:14, Mark 1:34, Mark 3:10, Mark 6:5, Luke 4:40, Luke 7:21, Luke 13:14 Luke 9:11 (Jesus wat genees)
2323 - therapeuo =Diens soos die van ‘n getroue slaaf : Matt 24:45, Luke 12:42
2324 – therapon= Heb 3:5 (Moses as getroue dienaar wat God se opdragte uitvoer)


Sjoe maar jy kuier baie in Jakobus rond?
Spieël/meet soos liniaal : Jak 1: 23-24
Roer - soos van 'n skip: Jakobus 3
Vensters: (hier gaan ek bietjie kroek!) Oë is die vensters van die siel - daar is baie voorbeelde waar die mense se geestelike oë geopen is.


Roer soos van 'n boer? In Bybelse tyd het hulle pyl en boog gehad. In Ps 64:3 en Spr 25:18 word woorde soos pyle negatief gebruik – maar woordpyle kan seker ook positief wees?

Touleiertjie: hier het jy my... Help Liza en Oom Gideon ;)))

Gideon said...

Ja toe julle praat van die spieël & liniaal, toe dink ek aan die skerp, tweesnydende swaard, wat deurdring tot murg en been, en jou heeltemal kan oopvlek en verkeerdhede kan blootlê. (Hebr.4:12; Openb.1:16; 2:12).
Dan is daar die lamp vir my voet, en die lig vir my pad (Ps.119:105).
Ek dink dikwels aan die Bybel as God se liefdesbrief/minnebrief aan Sy geliefde/bruid.

Jammer ek is so agteros in die kraal, maar ek probeer byhou – het nog redelik om in te haal.
Groetnis.
Gideon.

Yf said...

Ag so baie dankie julle, dit was heel verrykend vir my dat julle bygevoeg het en Bybelversies aan metafore kon koppel.

Vrede daar