Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/01/2009

“Bediening van die versoening - 2 Kor 5:18”.

Vanaand oor FOKUS het Freek Robinson oor TV dit gehad oor Prof Jonathan Jansen se hand van versoening na die Reitz-4 en die reperkussies daarvan. Volgens 2 Kor 5:18 het Christus aan ons die bediening van die versoening gegee. Het Jansen nie maar net uitvoering hieraan gegee nie? (Lees verder)

6 comments:

Henrietta said...

Freek het met Dr Francois du Toit gepraat van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening. Die Dr het gesê dat belangrike lesse is geleer na die Waarheid en Versoeningskommissie. So met die pratery het dit baie duidelik geword dat die hele proses van geregtigheid, vergifnis en versoening glad nie 'n eenvoudige proses is nie....

Henrietta said...

Ja, oral word oor die Jansen/Reitz4-storie gepraat/geskryf. Vergifnis het ‘n politieke magspel geword, sê Nelus Niemand onder andere hier in vandag se Beeld: http://www.beeld.com/Content/Rubrieke/Gasrubriekskrywers/2149/7d7df471435d4a0d8bd8cbe31fd19432/01-11-2009-08-35/Vergifnis-praat_kompleks
Niemand gee toe dat dit ‘n baie komplekse saak is en gee sy Christelike perspektiewe op die saak. Self het ek gewonder of deel van die kompleksiteit nie die diverse wêreldbeskouings van groepe in Suid-Afrika is nie.

Liza said...

Professor Piet Meiring,'n teoloog en lid van die destydse WVK-span sê vergifnis kom nie maklik nie - jy kan dit nie organiseer nie en nog minder in mense se keelgatte afdruk. Hy noem dit mikrogolfoond-vergifnis - jy druk iets in die oond en *bing*...maar dit hou nie lank nie. Dis vir my dieselfde met al hierdie openbare vergifnisaksies, van voetewas tot by biegsessies in koerante...dis leeg en goedkoop - altans in die meeste gevalle.

Die skenk van vergifnis behoort in die eerste plek nie te gaan oor my nie - my fisieke en my emosionele welsyn nie; of om konflikoplossing en disharmonie uit te skakel nie. Dis ook nie noodweer om te verhoed dat ek verder beswadder word nie en behoort ook nie gebruik te word as ‘n manipulasiemiddel nie...en dis presies wat deesdae besig is om met vergifnis te gebeur...terwyl dit eerder 'n stuk selfloosheid uit liefde vir Sy selfloosheid behoort te wees.

"... I am obliged to exercise unlimited forgiveness because, if I did not forgive, I should be untrue to myself, in that I should thus act as if I were not guilty in the same ways the other has been guilty with regard to me. I must forgive the lies directed against myself, because my own life has been so many times blotted by lies; I must forgive the lovelessness, the hatred, the slander, the fraud, the arrogance which I encounter, since I myself have so often lacked love, hated, slandered, defrauded, and been arrogant. I must forgive without noise or fuss.
-Albert Schweitzer

Henrietta said...

Dankie Liza, dis nou REGTIG iets besonders!

Henrietta said...

Ouuuu wysheid oor vergifnis:
"The ineffable joy of forgiving and being forgiven forms an ecstasy that arouses the envy of the gods. Elbert Hubbard". (1856-1915) – American writer

Liza said...

Die Amerikaanse Gallup Organization-meningpeiling van 1988 het getoon dat 94% van die Amerikaners wat aan die peiling deelgeneem het meen dat vergifnis belangrike is en 84% het gesê hulle sukkel daarmee en het hulp nodig. Gebed het nie gehelp nie, maar meditative prayer was glo baie effektief...

Ek dink baie mense sukkel daarmee omrede hulle dink 'ek vergewe jou' is 'magic' woorde wat onmiddellik alle pyn en seer laat verdwyn, maar dis eintlik net die teenoorgestelde - 'n lang en pynlike proses van heelword voor iemand werklik kan sê ek vergewe jou vir dit wat jy aan my gedoen het...