Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/05/2009

Wêreldwye onderwysersdag 5 Oktober 2009

In meer as 100 lande word vandag hulde gebring aan onderwysers ... Lees verder

1 comment:

Henrietta said...

Van my hoër skool onderwysers het gereeld saam met my ouers tennis gespeel - so alle stoutighede van ons vyf kinders kon maklik tuis uitkom... Hulle was vriende, soos Oom Hennie en Tannie Fransie.

Ander sou altyd “meneer” bly , soos Meneer Reynecke - hy het mnr Reynecke gebly, vir so lank as ons met hom kontak gehou het, uit blote respek en vir die outoriteit wat uit hom gestraal het.

Ek dink nie daar is van hulle wat nog lewe nie, so in my gedagtes lê ek maar 'n kransie van dankbaarheid en waardering op elkeen van hulle se grafte vir wat hul elkeen vir my beteken het. Spreuke 27 vers 17 sê nie verniet nie: “Yster slyp yster, so slyp die een mens die person van die ander”.