Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/18/2009

Waar kan behoudende gelowiges hul stem laat hoor?

In vandag se RAPPORT skryf Jan-Jan Joubert so sydelings oor die rol van die media
(hier:http://www.rapport.co.za/Content/Rubrieke/JanJanJoubert/2383/179e7dc5ce5b44ffad12e3cd952ad4a3/17-10-2009-07-09/Malema_g%E2%80%99n_net_media-maaksel ).
Dit het my laat wonder: waar kan behoudende gelowiges hul stem laat hoor as hul eie kerk se mondstuk "liberaal" geword het, as die redaksie nie hul briewe, artikels en verklarings wil plaas nie?

16 comments:

Gideon said...

Het jy al enige antwoorde van die leierskapskorps gesien of gehoor op die vrae wat ons vra? Neem byv. die moderatuur se standpunt dat evolusie wetenskap is, dat hulle geen probleem het dat evolusie op skole gedoseer word nie en dat hulle dit aan lidmate oorlaat om self te besluit of hulle evolusieteorie ondersteun of nie. Ek weet van geen antwoord nie.
Nou is dit gratis reklame vir die Nuwe Hervormingsnetwerk in die NGKerk se media. Of is daar miskien alreeds 'n samerwerkingsooreenkoms tussen NGK en NHN-"kerk"?
Nouja, wat doen mens as 'n motorkar op 'n nat pad begin gly en gly en gly?

Henrietta said...

Dankie vir jou sinvolle bydraes Gideon - Dit word soveel te meer waardeer omdat ons weet jy is nog nie eintlik mobiel na jou knie-operasie nie en moet met groot moeite jou bydraes maak!

Pragtige beeld van die glyende motorkar wat jy gebruik- sien ons dalk 'n 'gróóóót smêsh kom???

Yf said...

Ons weet lankal dat die openbare media deur die sekulariste gekaap is maar nou is dit die kerk se media ook. Ons bly veg om dit terug te neem, maar laat ons ook die alternatiewe so wyd moontlik bekendstel. Dan kan mense 'n ingeligte keuse maak, nou kan hulle nie.

In Vrede

Henrietta said...

Ja Yf, lyk my die kapers is deesdae oral ;))) ! Wat ek nie kan verstaan nie, is dat mense geweier word om bydraes op webwerwe te sit - 'n webwerf is mos so wyd soos die Heer se genade, of hoe? As daar niks lasterliks is of iets wat aanstoot kan gee nie, waarom kan dit nie geplaas word nie? 'n Webwerf kan ook mos (soos ons blogetiket op ons voorblad!) "reëls" neerlê en dit iewers plak waar almal dit kan lees.

Liza said...

Waa's my vlieëplak...ek sien hier's alweer van vanoggend vroeg af 'n groot vet groen brommer wat hier rond vlieg - ek wonder wat soek hy hier op die splinterblokkie - sy miskoek elders moet mos groot genoeg wees om hom besig te hou? ...:))

Daai webwerf sal seker soos volg net een reël hê - Alle fundamentaliste is onwelkom, want hulle gee aanstoot!!

Henrietta said...

Liza, jy kry eerste prys vir besondere SVH (Sin Vir Humor) ;))))

CJ said...

Hello julle

Julle kan my maar CJ noem. Ek neem deel aan Kletskerk onder die skuilnaam DieWaarheidMaakVry.

Ek is 'n christen, jy kan dit sekerlik fundamentele christen noem want ek glo aan die skeppingsverhaal en Jesus se fisiese opstanding ens.

Ek neem aan julle is ook fundamentlisties in julle geloofsbeskouing en dit lyk my (volgens Liza se skrywe) dat julle meen daar is nie plek vir so 'n beskouing op Kletskerk nie. Ek neem ook aan dat julle ook op Kletskerk deelgeneem het die een of ander tyd, en toe daar weg is agv sekere verskille.

Ek is heel gelukkig daar, en verskil ook maar met meesal van die ander deelnemers. As jy eers verby die aanvanklike groot blaf en min byt gekom het, gesels mens baie lekker oor die verskillende geloofs beskoungs.

Nou is ek hier om uit die perd se bek te hoor wat het julle teen Kletskerk, agv sekere beskuldiging wat heen een weer van werf tot werf uhm .. vlieg.

Groetnis
CJ

Liza said...

Hallo CJ,

Jy het mos vroeër ook onder CJ op KK deelgeneem nie waar nie?

Wat ek teen KK het is die verdagmakery, soos dit alweer die geval is. Hoekom nie reguit sê wie het vir wie by wie gaan verkla oor wat nie? Nee nou's dit 'n hengske drama van epiese proporsie met almal as hoofverdagte en 'n selfbejammery soos min. Onthou daar is baie mense daar buite wat KK lees en kan aanstoot neem oor die goed wat in sommige van die poste gesê word...

Ja ek het lekker dae beleef op KK, die 2½ jaar wat ek daar deelgeneem het, baie aangejaag waaroor ek spyt is, but so what. Ek het aan beweeg en ek wil hier kan deelneem (waar ek tuis voel) sonder om telkens te moet hoor daar word alweer van ons geskinder en goed gesê wat soms uiters kwetsend van aard is veral teen die ouer lede wat hier deelneem. En hoekom sal ek nou wil teruggaan KK toe as ons fundamentaliste dan nou vir arme Jean so vreeslik naar maak soos wat hy herhaalde kere al te kenne gegee het? Ek voel mos darem vir my naaste, jy weet...

Maar lyk my die onbeduidende ou blokkie sal maar altyd vir sommiges 'n splinter onder die vingernael bly - leef maar saam daarmee ons is beslis nie van plan om te verdwyn nie...

No hard feelings en dankie dat jy ten minste mans genoeg was om my vlieëplak te trotseer...;))

Groete vir jou ook.
(Psst. die ander lede kan vir hulle self praat as hulle so voel. Ek het my eie mening gelug.)

Henrietta said...

Baie welkom hier, CJ. Ek is Henrietta, KK se "geblokte" Naomi. Ek het heelparty jare gelede aan KK begin deelneem - toe dit nog as "develop.christians.co.za" op die voorblad van die ou Kerkbode net langs die Bernina geadverteer was (ek reken dit was hier by 2003, 2004 rond?).

Oor jou aanname dat ons “fundamentalisties” is – hang af hoe jy dit definieer – ons het dit ‘n hele ruk gelede bespreek en ook die bagasie wat die term dra. Die Bergpredikasie sluit in Mat 7 af met Jesus wat twee huise vergelyk: een se “fondament” was van sand die ander een s’n van klip . ons lees ook in 1 Kor 3: 11 dat “niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus”. Nou ja, soos vir Paulus, is die Evangelie van Jesus Christus die fondament van my geloofsbeskouing.

Erens skryf jy van sekere verskille wat ons met KK gehad het, en sê jy ook dat jy uit die perd se bek wil hoor wat het ons teen Kletskerk – ag nee , waarom sal ons ou stink koeie uit die sloot haal, as die lente van die Heer se genade so geurig en kleurvol om ons blom? Wat ek bedoel, is : ek het aanbeweeg en neem tans op verskillende ander plekke deel.

Soos jy waarskynlik weet, gaan gesprekke effens “strammer” op blogs – die gesprekke vloei hier stadiger.

Neem asb deel - Ek sien werklik uit daarna om by jou te leer!

Liza said...

CJ, net so 'n klein regstellingtjie - ek sien jy verwys na my wat sou gesê het dat fundamentaliste nie welkom is op KK nie, maar my opmerking: Daai webwerf sal seker soos volg net een reël hê - Alle fundamentaliste is onwelkom, want hulle gee aanstoot!!
het betrekking op Henrietta se pos net bokant myne waarin sy na 'n ander webwerf verwys wat van ons poste afgekeur het. Dit het niks met KK uit te waai nie.

Liza

CJ said...

Liza

Jong, my kk naam "DWMV" is bietjie ongemaklik om in gesprek te gebruik. Daarom het ek voorgestel hulle noem my CJ.

Dankie vir jou antwoord. Ek het as nuweling op kk baie jou naam raak gelees. Ek is bly ek het jou persoonlik kom vrae oor kk. Jy weet natuurlik daar is 'n ope uitnoding vir julle om deel te neem op kk, deur Jean bevestig, indien daar dinge is wat julle wil uitklaar.

Ek sien ook jy beaam dat jy aangejaag het op kk. Volgens wat ek aan daai kant verstaan was dit maar redelik persoonlik gemik teen Jean.

Jammer dat ek nou sulke persoonlike goed ophaal, wat seker nie van toepassing op die blog is nie, maar aantuigings vlieg heen en weer, en ek probeer maar net agter die kap van die byl kom. Ek is iemand wat glo enige verskille kan opgelos word(miskien baie optimisties)indien altwee partye bereid is om toe te gee.

Henrieta

Ongelukkig moet ek met jou saamstem dat die manier van gedagtes ruil hopeloos te stram is vir my.

Wat ek van kk geniet is mense se openlikheid. Hulle vertel jou 'n ding soos hy is. Ek is by verre ook nie 'n tradisionele kerkgebonde christen nie en ek kan ook baie keer aggresief debatteer om dit sagkens te stel.

Ek voel egter om my te omring deur ander wat heeltemal anders dink as ek. Ek voel as ek nie die moed het om teenargumente teenoor my geloof te hanteer nie, my geloof dan nie veel werd is vir my nie. As ek in 'n omgewing is waar almal net met mekaar saamstem soos op 'n alleen christelike blog, kan my geloof nie groei nie. My geloof moet die gure weer kan trotseer, en nie in watte toegedraai wees nie.

Dis wat ek by Kletskerk ondervind, al raak dit party dae rof en persoonlik, is dit nog altyd net mense wat met mekaar verskil. Goeie mense moet ek byvoeg, wat in die meeste gevalle meer vir hulle medemens voel as menige sogenaamde christene.

As ons nou mooi dink, waar moet christene hul stem laat hoor? Daar waar net christene is, of buite die stadsmure?

Gideon, ek sal graag jou mening ook wil hoor.

CJ

Gideon said...

Welkom, CJ.
Ek het ong. 3 jaar gelede begin deelneem op KK, maar net 'n paar maande daarna uitgeklim. Ek het my deel daar probeer doen.
Ek het gevoel ek wil nie saam gesels waar God ondubbelsinnig sleg gesê en belaster word nie. Dit het my voorgekom asof sommige wat so gesels het, die Bybel nogal ken. Maar ek gun KK-deelnemers hulle vryheid van spraak. Ek het maar net besluit ek kan kies met wie ek wil gesels.

Verder: Ek hou van gesels, dinge uitpluis, debatteer, vrae vra en standpunte stel sonder om iemand wie van my verskil of vir my bevraagteken, aan te val met etikette, name noem ens. Ek hou ook nie van 'n vyandige, aanvallende aanslag nie. Niemand bereik daarmee enigiets nie. En dis mos tyd mors - waarvan ek gladnie hou nie.

Hoop jy geniet dit om hier te gesels.

Mooi bly en groetnis.

Gideon.

Liza said...

CJ, dis jou en ander se goeie reg om so oor KK te voel. Ek lees nog daar maar stel hoegenaamd nie daarin belang om weer deel te neem nie.

Hierdie blog het oor die tyd heen vir my 'n plek geword waar ek soms saam met ouer en wyser mede-gelowiges kan kuier bloot omrede dit vir my lekker is en ek voel ek by hulle kan leer sonder al die beledigings en lastering.

Soos Henrietta neem ek ook van tyd tot tyd aan ander webwerwe 'buite die stadspoorte' deel, en kry sodoende oorgenoeg geleentheid om skouer te skuur met anderdenkendes en my sê te sê... dus het ek nie vir KK daarvoor nodig nie.

Groete
Liza

CJ said...

Thanks dat julle my geantwoord het, alhoewel ek dink dat net die tippie vd ysberg bespreek is. Julle antwoorde, alhoewel vaag, maak die prentjie tog bietjie duideliker.

Ek dink ook nie daai kanonnietjie het genoeg amunusie om die brommer dood te skiet nie. Die brommer speel maar net dood.

Hoop julle bereik met die blog wat oorspronklik die doel was. Volgens my is dit om Sy woord uit te dra en nie om in kleinlike en persoonlike geskille betrokke te raak as julle voel julle was te na gekom nie. En ek bedoel dit geensins lelik nie.

Praat liewers die ding tussen julle soos grootmense uit, en sluit die hoofstuk af.

Dit is maar net hoe ek voel nadat ek gedeeltes van elke kant van die storie gehoor het.

Dankie weereens vir die warm verwelkoming, maar die sal my laaste post op die blog wees.

Sterkte en groete
CJ

Liza said...

CJ moet tog nie iets in die simpel ou prentjie inlees wat nie daar staan nie. Dis bloot 'n ou grappie om te sê "chill"!

Sterkte vir jou ook en jammer jou missie was nie suksesvol nie!

Liza

Yf said...

Gie...gie...gie! Lekker gratis advertensie vir KK. Vreeslik baie "aannames" om KK in 'n beter lig te stel. So opvallend mens hoef dit nie eintlik te sê nie maar wie verwys aanhoudend na die ou koeie? Beleef saam met my die egtheid van die plasings. Natuurlik is hulle eg - hulle is deur ene skuilnaam geskryf.

Ek is die enigste een wat nie om kommentaar gevra is nie. My hartjie is seer. Dalk kommentaar ek nog eendag op 'n ander plek op 'n ander manier, wie weet. Ek het nou belangriker sake.

Vrede daar.