Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/11/2009

Mooi so, Jessie!

Jessie Bester: 10,655, Prof George Claassen: 200! (lees verder)

2 comments:

Henrietta said...

Ai, die jong Christene gee mens moed vir die toekoms! In verlede week se Rapport is berig oor Jessie Bester, ‘n 18-jarige skoolseun, wat die groep , “ CHRISTENSKAP SAL VRYLIK IN SKOLE AANBLY, COME HELL OR HIGH WATER!!” op Facebook gestig het. Hierdie groep is gestig in reaksie op Claassen se veldtog teen godsdiens in skole.

As ek reg bereken, is Jessie se groep skaars twee weke aan die gang en hulle tel nou 10,655. In Rapport vandag seg Prof George Claassen SSA se e-pos in-boks is tjokkenblok vol mense wat wil aansluit - op navraag s^e hy sy vereniging Sceptics South Africa (SSA) se ledetal is tans 200.

http://www.rapport.co.za/Content/Rubrieke/HanlieRetief/2356/af8b7e7a3ffc4e8fa5913de7e2ce5234/10-10-2009-04-11/‘Die_wetenskap_soek_nie_die_vingerafdrukke_van_God_nie’

Henrietta said...

Jessie het nou al oor die 13 000 vriende in paar weke se tyd op FB - môre-aand van 7:00 tot 10 oor 7 wêreldwye gebed! Onthou asb!