Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/05/2009

Moet Christene hul geld laat praat?


Binne dae nadat die Grace Mugabe/Nestlé melk boikotte begin het, het Nestlé gesê dat hulle nie meer melk van haar plase sal aankoop nie... (lees verder)

7 comments:

Henrietta said...

Ook het Julius Malema mense opgeroep om hul geld van Nedbank te onttrek omdat hulle nie meer ASA wil borg nie. Moet Christene nie meer hul geld "laat praat" nie?

Henrietta said...

Vir my bring die genoemde sake iets soos etiek in die besigheidswêreld na vore. Daar is soveel verwysings daarna in die Bybel, bv. in Lukas 16.

Liza said...

Heb 10 Vers 30: Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here...

Dis een ding om jou stem te laat hoor teen ongeregtigheid, maar as jy veroordelend optree is jy nie dan besig om God se reg uit Sy Hande te neem nie? Dit lyk vir my dis deesdae die oogmerk van die meeste publieke boikotte nie soseer om geregtigheid te laat geskied nie, maar eerder om wraak te neem.

Henrietta said...

Dankie vir die baie nodige perspektief wat jy hier gee, Liza!

Henrietta said...

Dit lyk my daar is kerkleiers wat met jou saamstem, Liza! Lees hier:

http://www.beeld.com/Content/Wereld/Nuus/1920/117b1655465f4aafbfe6ba84ea15d236/30-09-2009-12-59/Kerklui_vra_druk_op_Nestl%C3%A9_oor_melk_van_Zim

Liza said...

Ja dis beslis 'n vraag van om te boikot of nie te boikot nie. Maar gestel nou 'n boikot verloop suksesvol wie gaan dit ten diepste raak, tog sekerlik die mense wat daardeur hulle werk gaan verloor en die uitwerking daarvan op hulle gesinne wat weer tot ander euwels kan lei...?

Liza said...

Wat my prentjie aan betref is die ergste in hierdie Zimbabwe/Nestle-saga amper die veldtog wat in Zim geloots is om ma's aan te moedig om eerder Nestlé baba melk poeier te koop as om te borsvoed. Media indoktrinasie/manupilasie op sy beste!!