Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/14/2009

Gereformeerd-vreemde geloofsootuigings: 4

Laaste een

Charismatiese uitgangspunte
Die onderskeid tussen gereformeerde en charismatiese kerke is vandag nie meer so duidelik soos eens nie. Daarom kan nie gesê word dat die geselek-teerde oortuigings en uitsprake soos hieronder gelys tiperend van een of selfs 'n groepering van gemeentes of kerke in hierdie beweging is nie. Dit is uitspriake en oortuigings wat voorkom wat tot 'n meerdere of mindere mate deur mede-gelowi-ges ondersteun en onderskryf word.

· Persoonlike ondervinding daarvan is die enigste aanvaarbare bewys vir enige geloofsoortuiging, ook m.b.t. die gawes. As jy dit nog nie beleef het nie, het jy geen reg om daaroor te praat nie, wat nog te sê te evalueer nie want jou uit-sprake sal foutief wees. Ten einde konsekwent te kan wees, sou mens moet sê dat geen predikant oor die hemel of die hel kan preek nie, ook nie oor die wederkoms nie en geen ongetroude sal kan preek oor die huwelik en gesin nie. Dit is onbybels om te beweer dat jy die waarheid praat net omdat jy voel "die Heilige Gees lê jou dit op die hart" as jy dit nie ook Skriftuurlik kan verant-woord nie. Die volgende is 'n stelling wat baie Bybels klink, maar wat in werk-likheid heeltemal onbybels is: “It may be confidently anticipated, as the present apostasy increases, that Christ will manifest His deity and Lordship in increasing measure through miracle-signs, including healing. We are not to say, therefore, that the word is sufficient.” Ons weet dat slefs Christus dikwels na die Bybel verwys het om iets te bevestig wat Hy self gesê het. Die Skrif dra dus meer gesag as enige uitspraak van watter aard ookal van enige mens.
· Die charismatiese beweging lewer baie profete op, wat daarop dui dat die be-weging aanvaarbaar is en die voorkeurbeweging vir almal moet wees, eerder as die konservatiewe of fundamentalistiese bewegings wat geen profete oplewer nie. En as die profete soms foute maak, moet dit hulle verskoon word want op die ou einde bring hulle tog die woord van die Here vir Sy volgelinge. Die argument is dat, sou die Here alles wat Hy wil openbaar gelyktydig open-baar (sodat daar geen foute is nie) sal die openbaring so intens wees dat geen mens dit emosioneel sou kon hanteer nie. Daarom word dit net stuksge-wys aan die profete openbaar en terwille van volledigheid en verstaanbaar-heid moet hulle dan uitsprake byvoeg wat verkeerd mag wees, maar dit doen gene afbreek aan die waarde, egtheid en krag van die kernprofesie nie. Daar-om dat sekere foutiewe aspekte verskoon moet word. Deut. 18:20 - 22 is 'n duidelike afwysing van die gebruik om iets in die Naam van die Here te sê wat nie die waarheid is nie. "'n Profeet wat hom dit aanmatig om in my Naam iets te sê wat Ek hom nie beveel het nie, moet sterf. Dit geld ook van 'n pro-feet wat in die naam van ander gode praat. Wanneer jy jou afvra: Hoe sal ek die woorde kan uitken wat die Here nie met die profeet gepraat het nie? moet jy weet: as 'n profeet iets in die Naam van die Here aankondig en dit kom nie uit nie en dit gebeur nie so nie, dan het die Here nie met die profeet gepraat nie. Dan het die profeet hom dit aangematig en hoef jy jou nie aan hom te steur nie."
· Dit is binne die vermoë van gelowiges om te spreek en dinge sal gebeur. Dit is die sg. "say it and claim it" teologie. Die argument verloop soos volg: Die Here het die "vermoe" om net te spreek en dinge gebeur, soos met die skepping en Christus se beheer oor die natuur en selfs die dood gesien kan word. Selfs die profete van OT tye het ook hierdie beheer oor die natuur en dood gehad. Omdat diegenes wat Geesgevuld is kinder van die Here is, kan hedendaagse profete (en ander gelowigs) ook hierdie vermoë uitoefen. Ons word ook daarop gewys dat Christus self gesê het dat indien ons geloof so groot soos 'n mostersaadjie is, ons berge sal kan versit. Dit is egter opvallend dat daar nêrens in die NT berig word dat enige gelowige ooit so te werk ge-gaan het om sy eie omstandighede te verbeter nie. Inteendeel, Jakobus en Petrus bemoedig ons juis in verdrukking en moedig ons nie aan om "positief te spreek" om dit te verander nie. As daar ooit 'n persoon was wat op grond van sy geloof sou kwalifiseer om so iets te doen sou dit Paulus wees, maar selfs hy het eerder die Here drie maal gebid om die doring uit sy vlees te verwyder en toe die Here dit nie wou doen nie, het hy hom daarby berus.
· Die Here wil hê dat al Sy kinders gesond, voorspoedig en gelukkig moet wees, en as hulle nie is nie, beteken dit dat hulle geloof nie sterk genoeg is nie. Dit is die sg. "voorspoed teologie." Hierdie "evangelie" sê in effek, "be-keer jou en jy sal gesond, voorspoedig en gelukkig wees. Hoe meer toege-wyd jy is in jou dienslewering en offergawes aan jou kerk (gewoonlik, indien nie uitsluitlik nie, die een wat jou gehelp het om die stap te neem), is, des te meer voorspoedig sal jy wees en jou mate van gesondheid voorspoed en geluk is 'n aanduiding van die egtheid en ywer van jou geloof. In 'n sekere opsig is daar 'n ooreenkoms met 'n uitgediende sosiologiese teorie oor armoede. Die teorie was dat niemand arm hoef te wees nie, dat almal ryk en voorspoedig kan wees as hulle wil en dat armoede die gevolg is van luiheid van mense wat armoede oor hulleself bring. Jou sosio-ekonomiese welva-rendheid is dus 'n aanduiding van jou bereidheid om te werk. 'n Oomblik se nadenke sal mens laat besef dat die doel van bekering nie is om voorspoedig te wees nie en dat daar baie mense is wat Christus nie bely nie wat baie voorspoedig is. Die maatstaf vir egtheid van geloof lê beslis nie in die sosio-ekonomiese sfeer nie. Mense met egte geloof - belydende christene kom ook onder die armes voor, wat 'n weerspreking van die voorspoed teologie is.
· Enige siekte of gebrek kan met groot genoeg geloof gesond gemaak word en dit sal so wees as die geloof groot genoeg is. Jak. 5:14 & 15 word in hierdie verband voorgehou: "As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here. En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word." Indien die gelowige dan nie gesond word nie, word daar gesê dat die sieke se geloof swak is, maar 'n noukeurige bestudering van die teks wat verwys na die ouderlinge wat bid "En as hulel gelowig bid…" (v.15) sal dit genesing bring. Dit is dus die geloofsgeneesheer wat gelowig moet bid en nie soos die teologie lei dat die sieke "net moet glo nie."
· Om in tale te spreek is die enigste bewys dat 'n mens die Heilige Gees ont-vang het. Hierdie tale is gewoonlik van onbekende aard - daarom is nog 'n gawe gegee, die uitleg van die onbekende tale. In groot dele van die wêreld sal Afrikaans as 'n onbekende taal beskou word om nie van die San tale te praat nie. Om in vreemde tale te praat kan dus opsigself nie as 'n bewys beskou word dat jy die Heilige Gees ontvang het nie. Of mens 'n Gessver-vulde persoon is, al dan nie, is sigbaar by wyse van die vrugte wat jy dra wat by die bekering pas. Luk. 3:8 "Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is"…(want)…Luk 6:44: "Elke boom word aan sy vrugte geken…" En Gal. 5:22 "Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid,…

· Nie charismatiese gelowiges het nog nie die Heilige Gees ontvang nie. In teenstelling hiermee staan in Hdl. 2:38: Toe antwoord Petrus hulle: "Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang." Elkeen wat tot bekering kom sal die Heilige Gees ontvang Dit word bevestig deur Rom. 5:5: "en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het." Die woordjie 'ons' is tog immers insluitend en nie uitsluitend van aard nie. Dit dui tog sekerlik op alle gelowiges en nie net sommiges nie. Dit is dus elitist en onbybels van aard om te beweer dat alhoewel alle geredde christen gelowiges vergifnis ontvang het, net sekere christene die Heilige Gees ontvang het.
Oorgeneem uit:
http://cbc-web.org/CTI/Unbiblical_belief_systems_and_you_Lesson_07.htm

Sekere van hierdie uitgangspunte en oortuigings word deesdae ook in gerefor-meerde kringe uitgespreek en dit is daarom goed as die apologeet hom met die inhoud daarvan vereenselwig en sy eie reaksie daarop formuleer om sodoende gereed te wees wanneer hierdie uitsprake in gesprekke geopper word.

In vrede

2 comments:

Gideon said...

Dankie vir al die inligting, Yf. Baie goeie punte om in gedagte te hou wanneer mens wil “saam gesels”. Ek sien net nie Cas de Vos, Sakkie Spangenberg ens. onder die name van die liberale teoloë nie. ))))))))).

Groetnis.
Gideon.

Yf said...

Dis waar Gideon, maar hulle is maar klein vissien in 'n baie groot see. Hoeveel mense het nou al ooit van hulle as skrywers gehoor? As die knaap van die Kaap ook nis so daai eselhoring blaas nie, sal niemand eer s weet van die NHN byeenkoms nie. Ons praat nou ook nie eers van ou Julien Muller en die ander nie.

Vrede daar