Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/12/2009

Die verbreking van ‘n gelofte?

Op Aanlyn Kerkbode seg ene Ryk dat mens na die Bybel deur ‘n bepaalde bril kyk. Ja , dit is so - soos Yf in ‘n onlangse plasing vir ons so mooi verduidelik het (Lees verder).

3 comments:

Henrietta said...

Maar is dit verkeerd om te verwag dat mense van ‘n gereformeerde agtergrond deur dieselfde bril sal kyk? Ten minste verwag ‘n mens dat wanneer ‘n lidmaat of predikant wat gelegitimeer word en op die “ glo jy en belowe jy...” vrae voor baie getuies in ‘n kerk “ ja, met my hele hart!” geantwoord het, sal bly by hulle beloftes . Indien hulle dan voel dat dit nie meer is soos hulle glo nie, behoort hulle mos die eerbare ding te doen en die kerk verlaat?

Wanneer ‘n getuie in ‘n gewone hof die eed verbreek, word dit “ meineed” genoem - wat sou ‘n mens die verbreking van ‘n GELOFTE noem?

Gideon said...

Oulike vraag, Henrietta. Sal so 'n bietjie dink daaroor. My tyd voor die lessenaar is nog steeds vreeslik beperk. Ek kopiëer maar nog alles en werk daardeur ged. die dag.
Groetnis.

Gideon said...

Hetta, jou vraag is nogal interessant: “Maar is dit verkeerd om te verwag dat mense van ‘n gereformeerde agtergrond deur dieselfde bril sal kyk?” Die meeste liberales van vandag het tog sekerlik ‘n “gereformeerde agtergrond”? Maar hulle het lank reeds vir hulle ander brille aangeskaf. So, of mens dit sou verwag of nie, die feit is dat elkeen kies maar mettertyd (tussen al die beskikbare brille wat in die verskillende media uitgedeel word) deur water bril hy die Bybel wil lees: God se onfeilbare Woord, ‘n versameling mites, of wat ookal. Ek moet erken ek ervaar dit as ‘n geweldige, onbeskryflike genade van God dat ek, te midde van alle alternatiewe uitnodigings / moontlikhede wat aangebied word, nog met my hele hart kan glo soos ek nog altyd geglo het. Én ek dank Hom vir elkeen wat ook nog só kan getuig en glo, en ek het die voorreg om te mag bid vir hulle wat daardie pad byster geraak het.
Daardie dae toe ek nog op KK was, het ek innig jammer gevoel vir “Wedergestorwe Christen”. Onthou jy hom nog? Is hy nog steeds daar? Hy het vir my só eerlik voorgekom met sy twyfels, sy besef van die verskrikking om nie meer in God te kan glo nie. Hy het ook geskryf dat hy alles moontlik gelees het wat hy in die hande kon kry om weer vastigheid te kry. Ek het ook vir hom ‘n paar persoonlike e-posse geskryf. Wil jy nie op KK rondkyk of jy nog sy profiel êrens kan raakloop nie? Ek dink ek het nou bietjie meer bygekry as destyds om vir hom ‘n skouer onder die blad te gee (indien moontlik).

Die kwessie of mens jou gelofte gestand moet doen om (“ja, met my hele hart…”) te bly glo….? Natuurlik kom daarby nog die beloftes van meelewendheid ens. Die probleem hiermee is dat dit te veel van ‘n “roetine” geword het – amper soos die onding wat hulle deesdae van die matriek-afskeidgeleenthede maak. Ek raak soms gefrustreerd as ek sien hoe daardie be/ge-loftes soos ‘n seepbelletjie in die niet verdwyn as mens kyk na die praktiese toedrag van sake in (meeste) gemeentes. Vir sommige beteken dit net die volgende dag eenvoudig niks. Is ek nou te swartgallig?

‘n Ander probleem wat ek voorsien is die volgende: Ek het “ja” gesê vir dít wat die kerk op daardie tydstip “geglo” het. Wat gebeur nou as die Algemene Sinode nou besluit Jesus is nie noodwendig uit ‘n maagd gebore nie, Hy het nie noodwendig “liggaamlik” opgestaan nie. Sou ek dan nie ontrou wees aan my “ja” as ek dan juis aanbly in die kerk vir wie ek “ja”gesê het nie?

Interessant, of wat sê ek alles!?

Groetnis.
Gideon.