Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/25/2009

Die Groot Pouslike Afrokkeling...

Ja, nie net is hy die geseënde (Benedictus) nie - die huidige Pous is 'n Man met 'n Plan.... (lees verder)

7 comments:

Henrietta said...

Die krisis in die Anglikaanse kerk bied vir die Pous die ideale geleentheid om groot getalle behoudende Anglikaanse gelowiges oor te nooi na die RKK. Hy belowe dat hulle hul Anglikaanse tradisies en status mag behou.

Nou wonder mens: gaan daar in dieselfde gees en gesindheid hande van vriendskap na strydendes in die NG kerk gereik word?

Henrietta said...

Hier is een van die plekke waar daaroor geskryf is :

http://www.telegraph.co.uk/comment/3644052/Pope-gets-radical-and-woos-the-Anglicans.html

Liza said...

Praat van die Pers gevaar - hy's beslis 'n uitgeslape kalant! Maar dit sal maar knetter, want almal is blykbaar nie so entoeasties oor die Pous se planne nie...

It was unclear why the Vatican made the announcement now. But it seemed a rare opportunity, audaciously executed, to capitalize on deep divisions within the Anglican Church to attract new members at a time when the Catholic Church has been trying to reinvigorate itself in Europe.

Bishop Minns van die Anglikaanse Kerk in Noord Amerika sê onomwonde hy stel nie daarin belang om 'n RK te word nie: There was a Reformation, you remember.

Artikel in The New York Times hier te lees:
http://www.nytimes.com/2009/10/21/world/europe/21pope.html

Ek glo ook nie baie NG lidmate sal vir só 'n uitnodiging val nie...'die reformasie, jy weet'.

Henrietta said...

Lekker lag ek nou! Hand of nie- baie NG lidmate verlaat die kerk. Daar word bereken dat iets soos 6 000 lidmate die kerk in die Vrystaat alleen die afgelope paar jaar verlaat het....

Liza said...

Jy weet nie dalk of van hierdie mense weer by ander denominasies inskakel nie?

Hier by ons het die statistiek bewys dat diegene wat die kerk verlaat selde weer by ander kerke inskakel. Ek weet net die huiskerk-konsep het die afgelope paar jaar baie toegeneem.

Yf said...

Van die mense in ons gemeetne wat die gemeente/kerk verlaat het, het gesê dis oor die dominees, of die slapheid van die sinode en van hulle is na die charismattiese beweging toe (wie ek nogal gedink het meer behoudend van aard is) en ander weer (wat juis weg is omdat hulle glo die NGK is nie meer behoudend nie)sukkel om by die meer behoudende kerke in te skakel. Hoekom weet ek nie. Sad, is dit nie? Los waar jy groot geword het vir eintlik niks. Eerder moet ons protes binne die NGK aanteken en maar net die grate uitspoeg.
Vrede daar.

Henrietta said...

Hier by ons het die charismate die meeste afgerokkel... mens moet seker bly wees hulle gaan Sondae na 'n kerk toe, en nie Sin City toe nie?