Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/24/2009

Denke van die God-lose mens

Volgens Larry Crabb is daar drie tendense in die moderne denke (lees verder):

10 comments:

Liza said...

Het Larry 'n blank geslaan? :))

Yf said...

Ek glo nie - dis net die eerste tendens - mans wt nie tegelykertyd kan sit en dink nie. Die sit het hy darem seker reg gekry. ;)

Henrietta said...

Ek vra nederig om verskoning, vir julle EN vir Larry, oor die "blank" wat ek hom LAAT slaan het - hehehe! Hier is meer daaroor:

Op ‘n oudio-CD luister ek na Larry Crabb (God, congregation and codependency. To whom are we preaching? Deel 1- 1992) . Volgens Larry Crabb is daar drie tendense in die moderne denke:
1.Daar moet ‘n manier wees om die geheimenisse van die wêreld tot hanteerbare kategorieë te verminder.
2.Daar moet ‘n manier wees om die heelal te verstaan en stappe te vind hoe ek alles kan bereik wat ek graag wil bereik in die lewe.
3.Daar moet ‘n manier wees waarop ek my lewe so kan inrig dat ek volkome in beheer kan wees.
Elke dag lees/hoor ‘n mens hoe mense probeer om soos God te wees, sonder God....

Henrietta said...

Google gerus die skakel - dit kan per MP3 geluister word.

Henrietta said...

Selfs mans kan skottelgoed was of hemde stryk , met 'n MP3-kie innie oor! Wees kreatief - Probeer gerus ;))))

- Terloops , het julle geweet daar is wereldkompetisies vir "Extreme Ironing" - mense (meesal MANS! ) stryk klere op die weirdste plekke... !

Liza said...

Wys jou net as die nood druk kan jy enigiets op enige plek doen... Ek sien my man stryk ook daar op sy een-wiel gebalanseerde Jeepie. :))
http://images.google.com/images?hl=en&source=hp&q=extreme+ironing&btnG=Search+Images&gbv=2&aq=f&oq=&aqi=g1

Henrietta said...

Hehehe - ja ek herken "jou man" aan die ernstige uitdrukking op sy gesig soos hy konsentreer ...

Praat van extreme - Wat van so stryksessie op 'n kraagmannetjie se rug? Die ouens wat so uitkap onder die watervalle en ander waters - DIT challenge nou rêrig mens se geloof , of hoe?

Henrietta said...

Om terug te kom by Crabb: Die mensdom het sissies geword - als wat moeilik, pynlik, onverstaanbaar of ondraaglik is, word weggewens. Ek dink dis waarom hierdie geslag seker wereldwyd bekend sal staan as die "pill- popping"- generasie. Hulle sê die grootste dwelmmiddel in Amerika is oor-die-toonbank - pynstillers - waarskynlik ook hier by ons.

Liza said...

Ene dr Ronald Dworkin, (ghieghieghie, nee ek koggel nie daai omie van die rooibus-faam nie) 'n narkotiseur van Amerika, reken só: America is all about the gratification of pleasure. We are the kings of pleasure and proud of it... But the other side of it is that we're not very good at preparing for or dealing with unhappiness either, which of course is an inevitable part of life. And what we've done since the '70s is to transform into a culture that treats unhappiness as a disease." En nou verober die spulletjie antidepressante asof dit besig is om uit die mode te gaan. Die gewone Amerikaanse huisdokter het glo verlede jaar 75% van die meer as 164 miljoen voorskrifte vir antidepressante voorgeskryf.

Dit laat my dink aan Aldous Huxley se Brave New World waarin hy skryf van die wonder dwelm, soma, wat jou van al jou sorge en ellendes bevry...die ekwiwilent van ons hedendaagse Prozac, Zoloft of wat ookal, en die mensdom dus in ‘n zombie-toestand gevange hou.

Henrietta said...

Dankie vir hierdie nuttige inligting , Liza. G'n wonder nie, dat meeste dele wat oor die wederkoms gaan, het die woorde "wees nugter"! Myns insiens het dit nie net figuurlike betekenis nie, maar ook letterlik!