Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/29/2009

HOOGTYD!


What the Robin Told.

The wind told the grasses, And the grasses told the trees. The trees told the bushes, And the bushes told the bees. The bees told the robin, And the robin sang out clear: Wake up! Wake up! Spring is here!

10 comments:

Henrietta said...

Dankie Liza, vir hierdie mooi prentjie om ons daaraan te herinner dat dit vandag Lentedag is!

So pragtig in Hooglied 2:12:
"Daar is bloeisels in die veld, dit het tyd geword om te sing; die tortelduif se stem klink oor ons land. Die voorvye kom al uit, die wingerd bot en versprei hulle geur."

Gideon said...

Kom lente, liewe lente,
En laat die knoppies groei!
Laat in die tuin en velde
Die blommetjies weer bloei.
Hoe sterk is ons verlange
Om weer ‘n blom te sien!
Ai lente-lief, hoe graag tog
Wil saadjies fyn ontkiem.

Kom met jou reën en sonskyn,
Laat veld en blomme pronk!
Dan word, vervul met blydskap,
Ons kinderhartjies jonk.
Kom gou, en bring tog seker
Ook baie rose saam,
Bring grassies vir die diere
En al die voëltjies saam.

Sing dan die voëltjies vrolik
Hul lied vir jou en my,
Dan speel ons tog te lekker,
Ons hartjies is só bly!
Kom gou dus, liewe lente!
Ons vra mos nie om geld.
Geluk vind ons by blomme,
By voëltjies, boom en veld.

Gideon said...

Wil darem net gou sê:
Ek lees wat julle skryf, waardeer julle geskrifte - Liza se innoverende "prentjiespraak", Henrietta se oorspronklike gedagtes en Yf se vredevolle, besadigde uitsprake.
Baie dankie vir die terug-verwelkomings - ek voel sommer weer tuis!
Moet nou weer "uitklim" - Callmore amper verby.

Mooi bly.

Henrietta said...

Dankie, Gideon - een van my gunsteling liedjies, jare laas gehoor ! Ek hoor in my gedagtes hoe jy dit met eie begeleiding sing...

Ons mis jou jong! Sê vir daai ouens in die Laaangggkloof, hulle moet jou nie so besig hou nie!

Liza said...

Dis juis die 'besig hou' wat Gideon so jonk van gees hou!

Gideon said...

MMMMmmmm...
Many a true word has been spoken in jest!

Gideon said...

Nog enetjie:

Dit is weer lente!
winter is verby!
Kyk tog hoe staan die
blomme in die vlei!
Is hul nie lieflik?
Lyk hul tog nie skoon!
O!! om vir altyd
tussen hul te woon!

Kom ons gaan blomme
pluk in die vlei -
Daar sing die voëltjies
vrolik en bly!
Steel jy 'n soentjie -
ek sal nie skrik -
want voëltjies sal ons
nooooooit nie gaan verklik!

Ag ja, lief blompies
as ek jul sien staan,
dink ek aan tye
lank verbygegaan -
toe ek en Sannie,
as die skemer daal,
blomme gaan pluk het
onder by die wal.

Maar sy is...
(Die res behoort nie by lente nie!!!)

Henrietta said...

Ai ek kan mos nie die geleentheid laat verbygaan nie... :

"Dis heerlike lente, die winter’s verby;
weer nooi berg’ en klowe vir jou en vir my.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o. Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!
Die bergklim is heerlik, dit hou mens gesond.
Die vroe-, vroeë môre het goud in die mond.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o. Hol-la-dri-o-ha,...

(EN dan tre.e.e.ek mens die "Hol-la-dri-o o o o o" so laaaank uit tot mens skoon uitasem is ... lekkkerrrr! )

Liza said...

Bedaar!! - dis alweer 3 dae nader aan die winter...:)

Liza said...

Laurika Rauch - Vier Seisoene Kind:<
Sy roep my in die rigting van haar hart
waar die wintervure brand
en die nagte vir die somer lê en wag
Sy giet haar trane in die see
Sy stuur haar woorde met die wind
na die strande van lankvergete smart
Koor:
Vier seisoene kind met die winter in jou oë
waar het ek jou verloor
Vier seisoene kind met die liefde in jou palm
– kyk jou oseaan is kalm
Vier seisoene kind 4 seisoene kind
stuur my nog ‘n poskaart met die wind
Sy maak vir my ‘n painting van die herfs
as die akkerbome rus
en die wolke soos vlamme oor ons waai
Sy gee vir my ‘n soet septembergeur
as die boland lê en bloei
Met die somer wat klop hier aan my deur.
Koor x 2
Stuur my nog ‘n poskaart met die wind x 3

Danksy die kanteling van die aarde se denkbeeldige as, is ons wêreld nie naastenby die eentonige plek wat dit andersins sou gewees het nie... en dan glo sommiges nog dis sommer net asg van toeval.
Ja die armes van gees sal mens seker maar tot aan die einde van die seisoene met jou hê...