Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/07/2009

Is ons in bepaalde situasies die slagoffer van ons amigdala?


Om aan pynlike dinge te dink, werk soos ‘n sneller vir emosies. Emosies, op hul beurt, kry hul oorsprong in die amigdala, ‘n deel van ons brein (lees verder)....

6 comments:

Henrietta said...

Die amigdala (sg primitiewe of oerbrein) is (BAIE eenvoudig gestel!) iets soos ‘n elektroniese substasie, waar “boodskappe” (wat ons sien, smake, reuke, klanke) eers ontvang word, vertolk word en dan na ander dele van die brein gestuur word, wat dan weer bepaalde reaksies het in ander dele van ‘n mens se liggaam.

Voorbeeld: Ek hoor (boodskap ontvang) ‘n ou-ou liedjie, dit herinner my aan my pa wat al oorlede is (vertolking). Sonder dat ek eers daaroor dink, begin die trane oor my wange rol (reaksie).....

Die amigdala word ook geassosieer met die instinktiewe, sg. “veg-vlug-vries”- gedrag in bepaalde situasies.

Plato het gesê : “Passions, desires, and fear make it impossible for us to think.”
Dr Terry Zuehlke ‘n sielkundige met baie jare ondervinding, sê weer: Die mens het min beheer oor sy emosies, maar kan wel sy denke verander en kies wat om te glo.

Plato sê in effek : ons emosies maak dit soms onmoontlik om te dink. Zuehlke sê: ons kan ons denke verander.

Wie sou reg wees?

Michael said...

Wie sê ons hele brein doen nie net wat die amigdala doen nie en dat die boodskappe tussen 'n fisiese brein en 'n geestelike siel gestuur word nie?

Dit beteken dat ons boodskappe van ons sintuie EN ons geestelike liggaam kry wat dan in ons siel (beluitnemingsentrum) verwerk en tot aksie (fisies of geestelik) laat uitloop. Die vraag is eenvoudig of daar enige fisiese eienskap bestaan wat verantwoordelik vir besluitneming / bewussyn kan wees. So ver ek weet is daar niks in die fisiese wêreld, insluitende my amigdala, wat enigsins naby kom aan 'n bewussyn of proto-bewussyn.

Dit los my by die punt waar ek sou wou sê dat ons altyd die slagoffer van ons siel is. Dit wat jy besluit om met al die impulse te doen (wat jou liggaam en gees beryk) is wat jy gaan ervaar. Onwillekeurige of instinktiewe reaksies ingesluit.

Liza said...

Die slim mense dink deesdae baie anders as Plato en beweer dat jy nie denke van gevoel/emosie kan skei nie.

Emosies speel blykbaar 'n baie belangrike rol in alledaagse besluitneming en veral in besluite rakende morele kwessies.

Volgens, dr James Blair 'n "cognitive" sielkundige van die Nationale Instituut vir Geestesgesondheid in die VSA, kan die gevaarlike gedrag van psigopate toegeskryf word aan êrnstige emosionele afwykings - hulle kan nie behoorlik dink nie omdat hulle nie behoorlik kan voel nie...

It is only because our emotional brains work so well that our reasoning can work at all.

Dus volgens dr Blair dan kan die een nie normaal sonder die ander funksioneer nie.

Michael said...

Ek dink emosies het verseker 'n groot rol te speel met die manier hoe ons dink / besluite neem / reageer op impulse. Wat ek wel wonder is oor die harmonie tussen emosies en die suiwer toepassing van, of kennis van, universele logika.

Dit sal vir my nie snaaks wees as emosies nie sonder logika kan bestaan nie. As ons hieroor wonder moet ons onsself los maak van die sogenaamde konflik tussen I.K. en E.K. Hierdie twee kwosiënte beskryf een besluitneming sentrum, tot so 'n mate dat ek dink dit sinneloos is om dit apart te sien. Om dit te onderskryf dink ek dat logika en emosies kan nie meganisties beskryf word nie, want 'n metafisiese ding het nie 'n meganisme nie.

Dit bring emosies by 'n ander onderwerp wat ons bedink... post-moderne denke, wat vir my lyk na 'n verwerping van logika en 'n ongegronde verheerliking van emosies is. Hierdie tipe reaksionêre oefening (teen modernisme) maak net meer probleme.

Henrietta said...

Dankie vir julle interessante insette! Ek wou oorspronklik die onderwerp só begin : "Kan die amigdala (ook) tot bekering kom?"
My vrae het 'n agtergrond: Ek beskou myself as 'n bekeerde mens, maar by tye baie emosioneel. Na so 'n "emosionele uitbarsting" voel ek skaam en vra om verskoning...

Ek weet nie of Emerson dit by die Boediste gekry het, of andersom nie....
"If you sow a thought you reap an act; If you sow an act you reap a habit; If you sow a habit you reap a character; If you sow a character you reap a destiny."
~ Buddist Proverb

Sow a thought, and you reap an act. Sow an act, and you reap a habit. Sow a habit, and you reap a character. Sow a character, and you reap a destiny.” (Emerson?)

Waar is die regte plek om te begin om my gedrag te verander?

Liza said...

Ag Henrietta dis seker nou ook nie 'n doodsonde om so dan en wan behoorlik stoom af te blaas nie. Kyk dan hoe maak die Italianers en hulle kry baie minder hartaanvalle as ons en ly glo ook minder aan stresverwante siektes - onthou net om altyd so 'n paar goedkoop borde en blompotte byderhand te hou...:))

Alles begin seker maar met wat jy dink. Jy is wat jy dink. Jy word wat jy dink. Jy is vandag waar jou denke jou gebring het; jy sal môre wees waarheen jou denke jou gelei het, aldus Christian Boveé en Spr 4:23 sê ook: Wees veral versigtig met wat in jou hart (sentrum van jou lewe/verstand) omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. En ook Rom 12:2: ...laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.

Ek dink Boeddha het sy stukkie wysheid by Salomo en ds Paulus afgekyk;