Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/17/2009

Hoe moet mens hierdie resies hardloop ?

“Die lewe” is al vergelyk met ‘n rotte-resies: rotte in ‘n koutjie wat vir oefening ‘n trapmeuletjie om en om op dieselfde plek trap. (Lees verder)

3 comments:

Henrietta said...

Allan Boesak het die titel van sy nuutste boek “Running with horses”
(nie gelees nie) uit Jeremia 12:5 gekry: "As jy met voetgangers loop, maak hulle jou moeg: hoe sal jy dan wedywer met die perde?"

Dit klink of die Here hier vir Jeremia wil sê : Word geestelik fiks – jy word moeg om saam met mense (maklike situasies) te loop, hoe sal jy dit uithou as jy teen perde (moeilike situasies) moet hardloop?

Yf said...

Hallo daar!
Die resies is eintlik 'n goeie metafoor. Sommiges het "starters'cramp" - die idealiste wat "boots & all" wil inklim en alles verander. Maar hulle hou nie lank nie. Die vuur waarmee hulle alles begin - hetsy vir of teen die evangelie is gou uitgebrand (Nes 'n Wolf-Rayet ster).

Aan die anderkant is dit uithou wat aanhou baar, aanhou wat 'oorlewing' baar en 'oorlewing' wat 'oorwinning' baar. Maar natuurlik om te kan aanhou en uithou moet jy die regte kos inneem (Die Besondere openbaring) en jy moet jouself inoefen in die apologetika sodat jy dinge wat jou wil laat ophou kan oorkom. "Make your stumbling blocks your stepping stones" Vat die struikelblokke en plaas dit in die modder om trapklippe te word. En op daai filosofiese nood eindig die prediking vir vandag!

Henrietta said...

Ek waardeer hierdie oorspronklike, Yf-like bydrae - veral die deel om van struikelblokke trapklippe te maak ;))) !