Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/24/2009

Godsdiensvryheid

Hoe gaan dit met godsdiensvryheid in Suid-Afrika? Een van die sterkste debatte wat onlangs gevoer is, is een oor godsdiens in skole. Dit is begin deur prof. George Claassen van Sceptics SA. (lees verder)

3 comments:

Henrietta said...

In briewe-kolomme, op blogs, oor die radio het dit gegons.

En vanoggend in Die Burger : die professor wat dit begin het, het hom aan die debat onttrek...
( http://www.dieburger.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1708/ac9fa64c5251499a803030333910d132/24-09-2009-02-42/Claassen_tree_uit_debat_oor_godsdiens_in_skole )

Liza said...

Dis oorlog oor skole-godsdiens.
Prof. George Claassen, voorsitter van die organisasie Skepties Suid-Afrika, het die naweek formeel begin om skole te monitor ten einde dié wat Bybellees en gebed in klastye toelaat moontlik strafregtelik te laat vervolg.
-Rapport

Wat het Claassen anders as 'n rotsstorting verwag - praat van ateïstiese fundamentalisme! Dié kapokhaantjie se stertvere is nietemin behoorlik gepluk. :)))

Yf said...

Gisteraand was die christen respons op ‘Kruis en dwars’ omtrent dieselfde. Met die inbellery het die skeptici / ongelowiges in hulle afwwesigheid geskitter.

Ek het so ‘n ruk gelede raakgelees op een of ander werf dat die professor gebelgd en ontsteld voel omdat daar nie eintlik kennis geneem word van Skeptics South Africa nie. Ek vermoed hy wou net iets doen om bietjie aandag te kry. Nou het hy nie eers die moed van sy oortuiginge om aan te hou met wat hy begin het nie. Nou kerm hy oor die behandeling wat hulle self uitdeel. Ag sies tog. Maar dis goed wat hy gedoen het, hy was in die proses net ‘n katalisator om ons meer paraat te maak. Danq George. Soos Luther gesê het, selfs die duiwel is in die Here se diens. Net so. Alhoewel ek hom nie dieselfde status as die aardsvyand sal gee nie.

Vrede daar!