Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/16/2009

Geestelike kwosiënt?

Alles word mos deesdae gemeet. IK (intelligensie kwosiënt) is al 'n rukkie met ons; so 'n paar jaar gelede was EK (emosionele kwosiënt) die in-ding. (lees verder)

7 comments:

Henrietta said...

Onlangs lees ek weer ons kerk se visie: geestelik volwasse lidmate, en ek onthou dat Paulus by meer as een geleentheid gekla het dat hy sy gemeente net melkkossies kan eet, dat hulle nog nie reg is vir "vaste geestelike kos" nie. Is GK meetbaar?

Michael said...

Wel, Paulus glo dat hy dit kon meet in terme van graad van volwassenheid. Volwassenheid is 'n baie komplekse maar tog verstaanbare begrip. Een aspek wat my die laaste tyd beïndruk is 'n volwasse persoon neem self verantwoordelikheid vir sy dade.

Met dit in gedagte kan ons seker meet of iemand verantwoordelikheid neem vir sy geestelike dade (gd), waar gd eenvoudig aksies is wat 'n oorsprong in die gees het.

'n Voorbeeld kan wees... Om jou naaste lief te hê.

As jou naaste se gevoelens en behoeftes vir jou onverstaanbaar / ontoereikend is tot so 'n mate dat jy eenvoudig nie 'n manier sien om verantwoordelikheid vir jou interaksie met hulle gevoelens en behoeftes te neem nie. Dan kan ons dalk aanvaar dat jy geestelik onvolwasse optree.

Dit is my poging wat dalk nie goed genoeg is nie...

'n Ander gedagte waarmee ek betrokke is in die laaste tyd is "Industriële mistasting" wat losweg gebaseer is op die mistastings van die modernistiese era. Dit kom daarop neer dat alles nie net 'n zero som vergelyking gemeet hoef te word of "volmaak" gemeet moet word, voordat dit verstaanbaar en 'n volkome feit is nie. In daardie opsig dink ek nie GK kan tot op 'n zero som vlak gemeet word nie.

Henrietta said...

Baie insiggewend, Michael! Wil jy nie 'n draad begin oor : "industriële mistasting" nie? Ek sou graag meer hieroor wou hoor.

Michael said...

Hallo Henrietta,

Dit sal baie lekkerder wees om sommer net my gedagtes te haak aan hierdie onderwerp van jou. "Industriële mistasting" is eintlik nog net 'n wolk van gedagtes wat ek nog kans wil gee om vorm aan te neem.

Die manier hoe ons na "Oorsaak en Gevolg" kyk dink ek het in ons beskawing ernstig van die pad af gegaan tydens die Industriële Era. Die maklike (maar onvolledige) analise is om te sê dat ons nie kan onderskei tussen natuurlike en geestelike oorsake en gevolge nie.

Sonder hierdie onderskeid kan ons nie verantwoordelikheid neem nie en kan ons ook verseker nie meet nie. Dit maak nie saak hoeveel industrie ons veroorsaak nie, dit sal altyd afbreek / verbruik / vernietig (Soos Liza se Indiaan dit gesien het...).

Dalk moet ons by Paulus leer hoe die geestelike mens behoort te leef en te meet. Dalk kan ons dan GK meet soos wat God dit van ons verwag.

Groete,
Michael

Henrietta said...

Michael, jy sê: "Dit maak nie saak hoeveel industrie ons veroorsaak nie, dit sal altyd afbreek / verbruik / vernietig (Soos Liza se Indiaan dit gesien het...)"

Maak die woord " altyd" dit nie 'n bietjie te sterk gestel nie? Word daar nie SOMS goeie vrugte daaruit gebore nie?

Henrietta said...

Ek wou weer daaruit lees - Wat het van Liza se Indiaan-wyshede geword??????

Michael said...

Ek dink my verwysing na ALTYD is net van toepassing op die konteks waar daar nie onderskeid tussen fisiese en geestelike oorsaak en gevolg is nie. Dit impliseer dat as daardie onderskeid gesond en geestelik volwasse is dan kan ons industrie God verheerlik en wonderlike nuwe hoogtes bereik.