Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

10/19/2009

Die skade van die leuen

Mnr Chuene van ASA het vanaand op TV erken dat hy gelieg het oor Caster Semenya. Goed en wel dat hy erken het, maar hoe op aarde gaan die geweldige skade wat sy leuens aangerig het, herstel word? (Lees verder)

9 comments:

Henrietta said...

Nie net is daar die persoonlike skade wat Caster, 'n jong meisie op 'n kwesbare ouderdom aangedoen is nie, maar ook is verhoudinge tussen rasse ernstig vertroebel, ook deur mense soos Malema en Winnie Mandela wat op perskonferensies vir Chuene volmondig (!) ondersteun het.

Iemand in hulle posisies moet tog weet dat mens 'n wag voor jou mond moet sit en jou woorde oor en oor tel?

Henrietta said...

Ek het hierdie plasing weer na vore gebring, n.a.v. 'n baie insiggewende skrywe van Neels Jackson in vandag se Beeld.
Hy skryf van gesprekke wat hy met teoloë gevoer het aangaande die leuens rondom Caster Semenya (hier: http://www.beeld.com/Content/Rubrieke/NeelsJackson/3070/e09120a2df044b5cb828e9b1d625a865/24-09-2009-01-06/Die_instink_teen_leuens) .

Dit gee nogal perspektief op die keuses wat joernaliste moet maak. Ek het nog altyd groot waardering vir Neels se artikels gehad.

Henrietta said...

En na 'n vergadering met die hele ASA sit Leonard Chuene nog voor.... dalk 'n geval van mede-verantwoordelikheid?

Henrietta said...

Met verwysing na my laaste plasing: dit lyk asof sy ASA-kollegas BANG is vir hom! Volgens 'n berig in vandag se Citizen deur Rod Knight (wat al langer 10 jaar sportverslaggewer is) is Chuene 'n invloedryke boelie wat nie skroom om mense wat hom opponeer, persoonlik of hul families, vriende aan te val of hul besighede te vernietig nie!!!

Verder is daar 2 hangende hofsake weens sy wanbestuur wat die belastingbetaler iets soos R30 milj uit die sak kan jaag...

Henrietta said...

Elke dag word 'n nuwe blik wurms oopgemaak... in hierdie week se "Mail & Guardian" (hier: http://www.mg.co.za/article/2009-09-24-sex-lies-and-funny-money) is daar NOG aantygings oor mnr Chuene.

Dit herinner sterk aan die verhaal van Dawid: een misstap, en leuen op leuen op leuen moet vertel en geleef word, om die eerste misstap te probeer toemaak....

Waar, o waar is die hedendaagse Natans? EN, soos in koning Dawid se geval, kan enige mens kies om mens se sonde te bely en vergifnis te ontvang!

Henrietta said...

En nou is daar finansiële skade ook : Nedbank het hul borgskap onttrek.... praat nou van 'n "verloor-verloor" situasie! En dit in 'n omgewing wat hoog opgee oor hoër, verder, vinniger en veral: WEN... ;)))

Liza said...

Die tagline van Bigger, Stronger, Faster - 'n dokumentêr oor steroïdgebruik en ongerymdhede in Amerikaanse sport - lui soos volg: In a culture where second place is the first loser, the real heroes are the ones who win at all cost.

Chuene is beslis die loser in hierdie onsmaaklike saga al wou hy ten alle koste punte score.

(So terloops, ek lees dat die atleet wat tweede gekom het teen Castor in Berlyn darem toe ook 'n goue medalje as troosprys gekry het vir haar poging...)

Henrietta said...

Iewers oor die naweek word Zille aangevat omdat sy na bewering "leuens vertel" het oor mense wat nie betaal vir water nie. "She must do the honourable thing and apologize" .... ag ja - ek het nerens gelees dat Chuene ooit gevra is om "the honourable thing" te doen nie!

Miskien is dit waarom Dawid 'n man na Gods hart was - hy het BAIE meer gedoen as "apologize" - hy het bely en sy hart voor God uitgestort en die régte perspektief gehad : "Teen U alleen het ek gesondig" (Ps 51:6)

Henrietta said...

En toe is Caster Tukkies se atleet van die jaar - EN Chuene se storie kry soos Dawid s'n, nog en nog "kleintjies" : Chuene het glo gelieg om sy "baas" Kompela te beskerm....