Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

9/05/2009

As jy in Afrikaans bid.....

...... sal God nie luister nie – Op die voorblad van vandag se Citizen. (Hardloop en gaan koop een, ek kry nie 'n elektroniese weergawe nie - lees verder)
----------------------------------------------------------------------------------
Los die hardlopery en Let your fingers do the walking - artikel ook hier te lees. (Liza):
http://www.volksblad.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/2114/47495681a39746378519e2643fa34712/04-09-2009-12-40/Vonke_spat_in_raad_oor_Afrikaanse_gebede

6 comments:

Henrietta said...

As Christene weet ons natuurlik dit is nie waar nie. Blykbaar het een of ander raadslid van die Mangaungraad dit gesê.

Dat dit gesê is en die omstandighede waaronder dit gesê is, is nie nou vir my ter sake nie. Wat ek wel oor wonder, is : wat gaan aan in ‘n mens se “innerlike binneste” as hy/sy so iets sê? EN van al die ander gek dinge wat in die afgelope paar weke in die media vir en oor mekaar gesê is?

Henrietta said...

Ag, Liza, is jy oulik of is jy óúlík .... ;))) -
dankie!

Kan jy glo ek het die onderwerp net in Engels gegoogle ...

Michael said...

Dit raak vir my al hoe duideliker dat daar soveel bagasie in die harte van baie (nie alle) voorheen agtergeblewenes is, dat ons kan verwag dat sulke rassistiese manifestasies dalk meer algemeen sal word voordat dit hopelik plek sal maak vir versoening of 'n volgende omwenteling.

Henrietta said...

Lanklaas het 'n stukkie nuus so 'n geweldige reaksie in die Citizen ontlok! Briewe en SM's verdoem die ou wat dit gesê het...

En ek wonder nog steeds ..... sy amigdala dalk?

Liza said...

En dit klink asof die volk se amigdalas behoorlik ingeskop het...

Henrietta said...

Weer so lekker skerp soos 'n Minora-skeermeslemmetjie Liza!;)))