Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/16/2009

Verjaarsdag?



Het die blog nie so stilweg 'n jaartjie oud geword nie? Wat van die verjaarsdagliedjie: "Veels geluk liewe maatjie...."

6 comments:

Liza said...

Sowaar dis 'n jaar en 401 poste later sedert Michael op 8/8/08 die eerste pos 'n Brein en 'n siel geplaas het...nie te sleg vir 'n ou splinterblokkie nie.

Nietemin dankie aan almal wat tot dusver bygedra het en bereid was om aan te hou en uit te hou. Dit bly steeds lekker om julle te lees... Kom ons probeer vir nog 'n jaar. :))

Henrietta said...

Ja, Liza, nie sleg nie, né? En ja, kom ons probeer! Bly om te sien jy het die griep 'n bloedneus gegee en is weer jou ou humoristiese self!

Henrietta said...

Dink altyd aan hierdie versie as ek so heerlik lag vir jou humoristiese plasings, Liza!

Spr 15:15 Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees.

Bertus said...

Baie geluk aan almal - alhoewel dit met rukke en stote gaan, ons is nog steeds hier. Ek lees nog steeds gereeld hier - 'n ruimte waar mens redelik beskaafd met mekaar kan gesels oor God en godsdiens is nog steeds iets om te koester.

Ons geloofgesprek kan ondergaan of aanhou - maar die bestaansrede bly vir my belangrik.

Yf said...

Verseker was dit baie meer genotvol as die jaar voor dit. Ook my dank aal almal wat dit 'n leersame ervaring gemaak het. Dit was goed om julle te geleer ken het. Vrede en nabyheid aan almal.

Gideon said...

Veels geluk!!
Dankie almal vir al die inspirasies.
Lank lewe "Ons geloof gesprek".