Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/16/2009

Spotprent in die Kerkbode

‘n Spotprent oor die Gereformeerde kerk se besluit teen vrouens in die ampte in die Kerkbode
(hier: http://www.kerkbode.co.za/Spotprent.asp) het ook die Rapport gehaal (hier:
http://jv.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2548120,00.html). Op watter punt is ‘n “grap/spotprent” nie meer ‘n grap nie?

3 comments:

Liza said...

Dis so dat ’n spotprent gewoonlik nie pret is vir die een aan die ontvangkant daarvan nie, maar as dit iets van die waarheid van die gebeure uitlig sonder om met opset verkleinered te wees is dit 'n goeie spotprent. Dus glo ek nie dat enige Dopper-vrou beledig hoef te voel nie.

Wat wel onsmaaklik is, is die venynige en persoonlike aanmerkings op sommige webwerwe teenoor diegene wat op die Kerkbode-briewekolom gewaag het om kapsie te maak... maar nou ja dit sê seker meer van diegene self as enige iets anders. ;))

Henrietta said...

Wel, een ding weet ek: Aspoestertjie het uiteindelik 'n prinses geword... miskien is dit soort van 'n "profetiese spotprent";)))?

Bertus said...

Ek dink dit is 'n goeie spotprent. Niks te persoonlik of beledigend nie.

Die reaksie van een vd beswaarmakers was vir my regtig vreemd - die ou is selfs in die koerante aangehaal waar hy dreig met die wraak van YAHWEH!