Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/05/2009

Skrifgebruik en Skrifgesag

Dit is al oor en oor gesê dat elke Bybel-leser dit doen met ‘n bepaalde bril op. Kom ons gesels hieroor. Hoe lees ek dan die Bybel? vra Neels Jackson in Beeld vandag (hier: http://jv.news24.com/Beeld/In-Diepte/0,,3-67_2545062,00.html) . Is daar “regte en verkeerde” maniere om die Bybel te lees?

3 comments:

Yf said...

Hallo daar!
Soos jy beter weet as ek, is daar al vele boeke hieroor geskryf. Sonder om te veel hare te kloof, praat ons nou van die Bybel of van sy vertalings. Want daar is die eerste probleem: Watter vertaling ter ondersteuning van Skrifgesag? Met jou keuse van Bybelvertaling uit die weg geruim moet ons onthou dat die HS eintilk 'n versameling van boeke is maar met die deurlopende goue draad van die Here se betrokenheid by mense daarin. Maar skryfstyle en sosio-kulturele en politiese-godsdienstige millieu het ook van boek tot boek verskil. Dit moet ook in ag geneem word. Dan kom nog die persoonlike waarde wat jy heg aan ge-inspireerdheid, geldigheid en betroubaarheid. Mense wat dit in ag neem en die boodskap van die Here in die Boek soek, is mense van Skrifgebruik en Skrifgesag. Daar is ongelukkig ook diesulkes wat hulle skuldig maak aan Skrifmisbruik en Skrifgeslag - om uit die Skrif te haal wat hulle pas, hetsy dit is om aanvallend te wees op gelowiges, of om hulle eie saak te versterk of hulleself te regverdig. Daar is geen manier om met sulkes saam te stem t.o.v. Bybellees en interpreteer nie.

Gideon said...

Hallo julle.
Ek het die skakel gekopiëer na Internet Explorer, maar dit lyk my hulle het die stuk al afgehaal.
Soos vantevore gesê: Ek glo maar die veiligste is : Skrif verklaar Skrif. Dit is soos Henrietta sê dat mense ook maar geneig is om die Bybel met ‘n bepaalde bril te lees. Selfs die Bybelvertalers ontsnap nie hieraan nie.
Neem byv. 1Kor.10:1,2 (ou vertaling is naaste aan korrek): “Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see,…” Hier het Paulus ‘n unieke manier om die term “doop” te gebruik. Natuurlik was daar geen fisiese “in Moses (in)gedoop” nie – dit is ‘n geestelike gebeurtenis wat hier beskryf word. Vir my sê dit dat die volk met Moses geïdentifiseer het (geestelik in hom Ingedoop is deur hom te volg dwarsdeur die see en agter die wolk aan.
Daarna skryf Paulus amper dieselfde woorde aan die Romeinse christene – net die rolspelers het verander (Rom.6:3): “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?” Hier het ons weer ‘n geestelike gebeurtenis: Ek is “in Jesus Christus IN-gedoop” deurdat ek Hom gevolg het – deurdat ek (by my bekering/wedergeboorte saam met Hom gesterf het en saam met Hom in ‘n nuwe lewe opgestaan het – en alles wat verder in Rom.6 volg. Die sakrament van die doop kan beslis nie alles wat daar geskryf staan, teweeg bring nie – net die wedergeboorte – ‘n sterwe aan myself en nuwe lewe in Jesus Christus.
In Kol.2:12 gebruik Paulus die term doop om dieselfde gebeurtenis te beskryf – ‘n geestelike gebeurtenis – want die sakrament van die doop kan tog nie op sigself ‘n nuwe lewe en “besnydenis van Christus” voortbring nie.
Die punt is nou dat die NAV(1983) beide Rom.6:3 en Kol.2:12 vertolk as dat die sakrament hierdie “wonderwerk” teweegbring. Daarmee verskil ek baie beslis, want die doop is slegs ‘n teken, ‘n “beseëling” van God se beloftes aan ons om ons geloof te versterk – beslis nie ‘n “instrument” of “middel” waarmee Hy ons sondes afwas, wedergeboorte skenk ens. nie. Dit is eenvoudig ‘n stuk Roomse sakramentalisme.
Hierdie soort vertolking sê dit ook net weer: Die vertalers het die “bril” opgesit van "dit móét die sakrament van die doop wees", daarom “lees ons dit so”. Met mý verstaan probeer ek “Skrif verklaar Skrif”.

Ek sou darem graag julle kommentaar oor hierdie “verstaan” wou hoor.

Groetnis.

Gideon.

Yf said...

More Gideon,
Ek stem met jou saam oor daardie spesifieke verse en sekerlik is daar 'n klomp ander waarna 'n mens kan verwys waar die vertalers induktief te werk gegaan het en sekere gedagtes ingelees en invertaal het. Die groot struikelblok is, die meeste van ons weet nie van hierdie dinge nie. Die keuse is seker maar tussen 'n letterlike en 'n kontekstuele vertaling en ek besef albei het hulle probleme. Maar ek vermoed die kontekstuele vertaling s'n is erger. Kan mens nie maar 'n letterlike vertaling hê met voetnotas waar die teks nie duidelik is of op meer as een manier verstaan kan word nie? Dan kan elke gelowige mos self daaroor besluit. Ek vrees vir die komende vertaling. In Afrikaans is die keuse darem nog redelik maklik, maar watter Engelse vertaling is die beste vir 'n behoudende christen? Eintlik is ons in Afr. ook vinnig besig om by daai punt te kom. Dalk het die tyd geword vir die ernstige Bybelstudent om 'n interliniêr aan te skaf? Kan jy een aanbeveel?

In vrede.