Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/24/2009

Sendingreise.

Goeie dag, mede reisgenote.

Dit het onlangs by my opgekom dat daar in ons tyd meer as een vorm van sendingreis kan wees. Die ding van 'n sendingreis is dat jy na ander mense wil uitreik met 'n sekere boodskap, maar dat jy ook nie altyd weet wie die mense gaan wees of wie jou pad gaan kruis nie. Behalwe vir 'n fisiese sendingreis is daar ook virtuele sendingreise, soos hierdie blog. Ons dra 'n boodskap uit na mense wie ons nie ken nie en ons sal nie weet wie dalk hier lees en vir wie dit iets mag beteken nie. Dan is daar natuurlik ook die onderskeid tussen toeriste en pelgrims. Albei besoek dieselfde plek, die toeris neem foto's, is beindruk met sekere goed en vertrek dan, terwyl die pelgrim gaan om betrokke te raak wat impliseer geen en ontvang.

So laat ons, ons reis d.m.v. die blog voortsit.

2 comments:

Henrietta said...

En ek sê graag : "Amen!" daarop!

Liza said...

Yf dankie dis 'n oulike en raak beskrywing. Ek wat deels in die toerisme-bedryf is kan die vergelyking nogals waardeer.