Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/21/2009

"Die hele skepping sug... "

Lees vanoggend met stiltetyd in Romeine 8. Wat my toe daar soos 'n voorhamer slaan, is hoeveel keer "die skepping" daar genoem word. (Lees verder)

4 comments:

Henrietta said...

Ek moet erken (bely?) dat ek die die hele "groendebat" nog altyd maar meer soos 'n toeskouer bejeen het, so lief as wat ek vir die natuur is. Wat presies is ons taak as Christene t.o.v. die skepping?

Liza said...

Ek kan ongelukkig nie die skrywer, van dié mooi gedagte, se naam onthou nie: Ons verwagting op die nuwe aarde word daarin sigbaar dat ons die natuur behandel asof dit reeds God se nuwe aarde is.

Henrietta said...

Besonderse aanhaling, Liza. As mens mooi daaroor nadink, dan is God se "werksverbond" met die mens vóór die sondeval. So, anders as wat mens gereeld dink, is "werk" as sodanig nie iets wat gevolg het op die sondeval nie - of wat praat ek alles, Gideon?

Tog bring die aarde vanweë die sondeval dorings en distels voort.

Ek het al baie gewonder oor Joh 3:16 se : so lief het God die "wêreld" gehad... wat sluit dit alles in? Waarom staan daar nie : "die mense", of "die mensdom", nie?

Gideon said...

Henrieta vra: “is "werk" as sodanig nie iets wat gevolg het op die sondeval nie - of wat praat ek alles, Gideon?” Nee. Die “moeitevolle arbeid” is wel die gevolg van die sondeval. Reeds in Gen.2:15 (vóór die sondeval) gee God die mens “werk”, maar nie “moeitevol”/ “in die sweet van jou aangesig” soos ná die sondeval nie. Hy sê die mens moet dit “oppas en bewerk”, maar ongelukkig doen mense vandag net die teenoorgestelde – Hulle verwoes dít wat God “baie goed” geskep het. Ja, inderdaad sug die hele skepping - deesdae nog baie meer as vantevore, toe dit nog onaangetas deur mense was. Dink net hoe heerlik sal dit EENDAG wees wanneer die Here ons kom haal - een-een, wanneer daardie een se "tyd aanbreek", of almal saam, wanneer Hy weer kom. Ai, die verlange van Openb.22:20 darem: "Amen! Ja, kom, Here Jesus!!!"
Joh.3:16 – die konteks dui darem op mense – “SODAT elkeen wat in Hom glo..”. Ek glo nie die aarde as sulks was in die visier nie.

Mooi bly.
Gideon.