Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/29/2009

Genade op genade

Interessant as mens Bybelstudie doen oor die betekenis van woorde, soos die woord “genade”. Onverdiende guns, is een woordeboek definisie (lees verder)...

3 comments:

Henrietta said...

Jamieson, Faussett en Brown skryf by Joh 1:16: "Grace" is the chosen New Testament word for the whole fulness of the new covenant, all that dwells in Christ for men.

Geen wonder Newton het geskryf van “amazing grace nie!

Oswald Chambers vertel dat twee gewaarwordings by mense voorkom: ‘n intense verlange na Goddelike genade, maar terselfdertyd vind mense dit afstootlik : mense se inherente trots maak dit moeilik om die vernederende gedagte te aanvaar dat ek niks hoef te doen nie, maar slegs die gawe van verlossing in Jesus Christus moet aanvaar.

Ek het ook gelees dat ateïste nie in genade “glo” nie : alle goeie dinge is vir hulle bloot “luck” wat na hulle kant toe kom...

Liza said...

Henrietta, ek dink dis C.S. Lewis wat gesê het dat daar baie wêreld godsdienste is wat dieselfde aannames maak as die Bybel, maar dat dit slegs die Christelike geloof is wat genade bied deur Christus.

Henrietta said...

Ja Liza, dit is SO waar! Ou gesang 10 draai vanoggend in my kop rond:

"....voordat ek kon kies, kon vra, het U Seun my skuld gedra..."

Ons kan maar net sê: "Grote God, aan U die eer!"