Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/31/2009

"Ek is jammer ...."




Sal dit help (uit ‘n Bybelse oogpunt) om oor growwe oortredings net bloot te sê : “Ek is jammer”?

3 comments:

Liza said...

Ek neem aan jy verwys na Morné Harmse (Jacques Pretorius-moord) se brief in vandag se Beeld. Dit hang seker af hoe ontvanklik die naasbestaandes van die slagoffer vir die 'jammer-sê' is... Uit die Beeld-artikel blyk dit nie asof die naasbestaandes hom kan vergewe nie en boonop twyfel die staatsadvokaat ook nog oor die egtheid van die 'jammer-sê' brief.

Aan die einde van die dag is dit net God wat weet hoe eg die berou is en Wie werklik vergifnis kan skenk.

Berou is impotent; dit sal sy foute herhaal. Belydenis alleen is die werklike krag; dit bring 'n einde aan alles.
~ Honoré de Balzac

Yf said...

Daar is darem 'n intensiteitsverskil tussen 'n woord en 'n daad en dade spreek kragtiger as woorde. Daarin lê juis die gevaar. Ons kondisioneer mense van kleins af dat net jammersê genoegsaam is....tot die volgende geleentheid. Dan maar weer jammer sê en maar weer vergewe. Soos Liza aandui, daar is 'n verskil tussen berou en belydenis. Farao en Nebukadneser het berou gehad maar niks het verander nie. Dawid het bely en daar was verandering. Ek weet daar is geen daad wat Jacques kan terugbring nie en dit is ook deel van die probleem. Sorg dus dat jy nooit iets doen wat jy nie ongedaan kan maak nie, al is dit om (net) karaktermoord met jou tong te spreek. (En ons weet almal wat Jakobus van die tong sê). Vergifnis is ook nie noodwendig afhanklik (of 'n teenreaksie) van berou nie. Dit ageer onafhanklik, met of sonder berou.

Vrede vir almal

Henrietta said...

Dankie vir al julle sinvolle insette, Liza en Yf ! Ek lees met empatie oor die “swaard-moordenaar” verhoor (dalk omdat ek so lief is vir kinders/jongmense??). Ek hoor meer as een van die ondersoekers sê hy toon “geen berou” nie – hy het wel ‘n brief geskryf waarin hy sê dat hy jammer is…

Tripp sê: “Repentance is not only to say no to ungodliness, but also living self-controlled, up-right and holy lives. Repentance involves “put off and put on” (Eff. 4:22 –24 OKJ).

Verskoning vra by iets wat bely moet word is humanisties en vra eintlik niks van die ander persoon nie. Wanneer ‘n mens iets as verkeerd bely, vra jy basies om vergifnis vir iets wat verkeerd gedoen is. Wanneer die ander persoon dan sê: “ek vergewe jou” sê hy in effek: Ek sal nie weer hierdie saak teenoor jou ophaal nie; ek sal dit ook nie weer met ander bespreek nie en ek sal ook nie self weer en weer daaroor dink en daaroor broei nie” ....

BAIE meer gebeur by albei partye by belydenis as wanneer mens net sê: “Ek is jammer”.