Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

7/28/2009

Preke of praatjies?


My 91-jarige ou moeder luister getrou elke dag na die oordenking/meditasie/boodskap , noem dit wat ook al jy wil oor die radio, veral omdat sy op haar gevorderde ouderdom beter kan hoor as sien. Ek glo daar is duisende mense soos sy . Sy praat graag oor wat sy gehoor het, en in die laaste tyd maak sy onderskeid tussen “preke” en “praatjies”.

As so iets oorerflik sou wees, het ek dit van haar “geërf” want winter of somer, ek probeer my bes om ook daagliks te luister. Soos vanoggend. Nou verstaan ek BAIE beter wat my ma bedoel het.....

9 comments:

Yf said...

Dag Vriende,
by twee geleentheide die afgelope 2-3 jaar het Flip Loots met die stasiebestuurder van RSG op die eertydse oopgesprek 'n onderhoud gehad. Daar is duidelik en onomwonde gesê dat RSG 'n sekulêre stasie is. Mens kan dit ook duidelik sien in die, wat my betref, vervlakking van hulle sg. godsdiensprogrammme. Van hierdie praatjies het maar net soveel veralgemeende goedvoel inhoud soos Vrydagoggende se Ikra. Ten minste is die Moslems Korangetrou in hulle programme. Maar van die praatjies op RSG, ag ons doen nie eers meer moeite daarvoor nie. Luister eerder Radiokansel. Dan is daar natuurlik ook die plaaslike radiostasie Rippel wat dit duidelik in hulle missie stel dat hulle 'n sekulêre stasie is, omdat mense sekulêre stasies luister en omdat ons in die wêreld is en juis daarom wil hulle dan ook die evangelie oor 'n sekulêre stasie uitdra. Wat hulle ook doen. Van 05:30 - 06:00 elke oggend 'n indiepte geestelike program, gemengde beestelike en geestelike musiek deur die dag, met sondagaande 'n geestelike program van 7-10+. Ander weeksaande na 10 bv. vir James Dopson ens. En natuurlik is daar ook Impact en Radio Pretoria. Wat my betref staan RSG agter in die koor as dit by godsdiens kom. Die enigste ligpuntjie is dalk nog die eredienste.

Waarna luister julle foreigners?

Vrede daar!

Henrietta said...

Oor vanoggend: Geen deel van die Woord is gelees nie. Bybelboeke se name is genoem, selfs Jesus se Naam is genoem. Die Evangelie is glo nie op die spel nie (Daar is sydelings verwys na die titel van König se boek - daar is gesê: “Die evangelie is nie op die spel nie....”).

Die hele betoog (beslis geen “Christelike boodskap”nie!) het gegaan oor “nuut dink oor God”. Verskillende mense, verskillende Bybelboeke is darem genoem. Onder andere ook Job. Job se vriende wat nog op die ou manier oor God dink, sou dan verkeerd wees, en Job self, reg met sy “nuwe denke” oor God. Van almal het Jesus die “nuutste” gedink oor God.

Darem ook so 'n een-sin gebedjie as 'n sousie oor die mengsel gegooi...

Deur die jare het ek al verskillende boekies Daaglikse Woord of daaglikse Brood gelees, Transwereldradio/Radiokansel geluister. Daar is/was altyd ‘n “boodskap”, sielekos, wat my deur die dag en selfs langer bybly . Maar vanoggend - Wat ‘n teleurstelling!

Yf, julle Petoorsdorpers is gelukkig om uit so 'n wye verskeidenheid te kan kies!

Met Radiokansel se skuif na mediumgolf is daar net een plek in die huis waar ek 'n luisterbare sein kry : in die eetkamer en ek moet half-gebukkend staan oor die groot eetkamertafel en die radio met uitgetrekte arms op 'n sekere hoogte dwarsoor die tafel hou... vir John MacArthur doen ek soms die moeite, tot my arms lam word... ;)))

Yf said...

Die name van die Bybelboeke is darem genoem. Ag, wat 'n troos! Is dit nou veronderstel om goedkeuring te verleen aan die "nuwe denke" filosofie. Mens wonder hoeveel van die Bybelboekskrywers sal gediend wees met hierdie "nuwe denke" waarmee hulle verbind word? Die Bybelse denke oor die Here is immers al vir eeue lank gevestig en ge-inspireerd soos dit is het dit al (menslik gesproke) die toets van die tyd deurstaan. Inkonsekwent van die praatjiemaker om "nuwe denke" met "ou Bybelboeke" te verbind. En dan verwys hy nie eers na die sg. "evangelie van Thomas" nie. Wat 'n teleurstelling! Sou baie beter by sy "nuwe denke" tema gepas het. Dan was hy tenminste meer konsekwent. Dis mos nou die hoogaangeskrewe boek waarna so graag verwys word wat nie eers die toets van sy eie tyd kon deurstaan nie. Dit is al deur Hippolytus en Origenes in sy eie tyd verwerp en het verlore geraak. Dankie tog daarvoor.

In vrede

Ns. darem nog net twee dae

Henrietta said...

Daar is destyds oor sekere "troos-boekies" gespot waarvan die inhoud nie aan sekere standaarde voldoen het nie, en dit is "pienk-boekies" genoem - sal ons nou maar praat van "pienk-programme"? ;))

Yf jy sê: Ns. darem nog net twee dae... wat van Saterdag en Sondag - eish!

Yf said...

Pienk praatjies sal dit wees (was dit maar Jes. 1:18 praatjies!)

Ag, mistus naturalis (die teenoorgestelde van kunsmis) ek't vergeet van die naweek. Saterdag sal ek dit beslis 'n mis gee maar is die verandering darem nie op Sondag nie?

Liza said...

Ek wonder of die betrokke praatjiemaker ooit Dr König se boek gelees het? Lyk nie so nie anders sou hy mos geweet het wat die skrywer met die boek se titel wil oordra.

Die reeks praatjies is maar net 'n gap vir die nuwe Ontluikende Kerk se dissipels om hulle ideologieë te verkondig.

Liza said...

mistus naturalis - Yf,sou dit in boeretaal @@@ beteken?

Yf said...

Ag Liza, naturalis, jou Latyn is so goed. Dis lekker om met so 'n verhewe intellek te kan gesels. Dat so 'n brein nou eendag moet vrot!

Vrede en nabyheid vir julle

Henrietta said...

Heerlike sielekos hierdie week op RSG : Dr Johan Pienaar oor "God die Vader" .