Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

7/17/2009

Luister as God fluister...


Ek kyk verlede week na ‘n heruitsending van Rian van Heerden se gesprek met Amore Bekker op Kyknet se geselsprogram Rian. Sy vertel van haar liefdesteleurstelling met ‘n Griek wat sy slaafs agterna gesit het Griekeland toe. Na 'n jaar se hartseer en 'n ongemaklikheid wat aan haar bly knaag het oor die verhouding keer sy uiteindelik terug na Suid Afrika. Sy het glo baie gebid om leiding oor wat sy moet doen, maar nooit ‘n daadwerklike antwoord op haar gebede ontvang nie totdat sy in terugskouing besef het dat God al die tyd tog met haar gepraat het - Hy het haar 'instinktief' bewus gemaak daarvan dat dié verhouding nie reg is vir haar nie en dat sy moes terugkeer huistoe.

Ek onthou een van ons predikante het eendag vertel dat as jy onverwags aan ‘n vriend of familielid dink jy moet bel of kontak maak - dis God se manier om jou op die hart te lê dat hy/sy jou dalk mag nodig hê. Hy praat baie keer met ons dmv influistering oftewel intuïsie/instink...

As gelowiges weet ons dis nie maklik om God se stem tussen duisende ander stemme te hoor nie. Hoe kan ons dan vir seker weet wanneer dit God is wat praat?
Liza

No comments: