Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

7/31/2009

Gaan bier-drink help om rasse-vure te blus?

Na 'n noodoproep van 'n buurvrou i.v.m. 'n inbraak het 'n polisieman, Crowley, uitgejaag en Prof Gates gearresteer - daarna was daar oor en weer beskuldigings van rassisme (Google Gates en Crowley as julle die hele storie wil weet!). (Lees verder)

5 comments:

Henrietta said...

Na 'n noodoproep van 'n buurvrou i.v.m. 'n inbraak het 'n polisieman, Crowley, uitgejaag en Prof Gates gearresteer - daarna was daar oor en weer beskuldigings van rassisme (Google Gates en Crowley as julle die hele storie wil weet!). (Lees verder)

Oor CNN en BBC World is Obama se bierdrink sessie saam net Professor Gates en polisieman Crowley om gemoedere te kalmeer en rasse-vure dood te slaan nogal groot nuus; só groot dat Larry King nou al 'n paar sessies in daardie verband gehad het.

Lyk my SA is nie al wat rasseprobleme het nie, maar gaan Obama se bierdrinkery saam met die boys enigsins help?

Hier is die Obama-deel van die storie: http://www.latimes.com/news/nationworld/nation/la-na-beer-summit30-2009jul30,0,640587.story

Henrietta said...

Nog bietjie nuus daaroor hier:

http://news.yahoo.com/s/ap/us_obama_harvard_scholar

Henrietta said...

'n Stukkie uit die laaste artikel:

Crowley told reporters that Obama served merely as a facilitator.

"He provided the beer. He contributed in a small part," Crowley said. "He really wanted to bring two people together to try to solve not only a local issue in Cambridge but also what has become a national issue."

SAB hoop seker Zuma sit sy "mshini whami" neer en reel ook so 'n "summit"?

Yf said...

Van alkohol word daar gesê dat dit die "social lubricant" is en brandewyn het nie brieke nie. So sal dit seker help. Ou JZ het dan al saam met die manne gebraai (o.a. ou Steve wat vir al die verkeerde redes in die nuus is) en wat het dit ons gehelp?

Bertus said...

Ek het Obama se twee boeke onlangs gelees - 'the Audacity of hope' is 'n besonderse boek, veral die gedeeltes oor waardes en geloof. Hy is 'n besonderse man.

Sy boek 'Dreams of my father' was egter vir my erg teleurstellend en vervelig. Die boek handel grootliks oor sy soeke na identiteit en rassekwessies. Reg of verkeerd - Obama het GROOT rasse-issues, en die Gates insident en Obama se 'verskoning' daarna daaroor het my regtig ne verbaas nie.