Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

7/31/2009

Die pot verwyt die ketel...

... is 'n ou spreekwoord, maar waaroor dit gaan("the Blame Game" ) gebeur daagliks iewers met iemand (lees verder...)

8 comments:

Henrietta said...

As kinders wanneer iemand die vinger na jou gewys het, was ons gou om terug te krabbel: "Jy wys na my, maar VIER vingers wys na jou terug...!"

Ek het al baie gewonder of Adam en Eva nie, nadat hulle uit Eden gejaag is, mekaar (of die slang) verwyt het nie? Hoe sou die gesprek tussen hulle verloop het?

Dis mos baie makliker om die skuld op iets of iemand anders te pak, as om self-ondersoek te doen?

Liza said...

Eva sou seker vir arme Adam verwyt het dat hy nie meer die 'Mr Perfect' is met wie sy getrou het nie en hy sou haar paai dat sy hom ten minste nie kan verkwalik dat hy nooit vir haar luister nie...:))

Liza said...

Hubert H. Humphrey, die 38ste vise-president van die VSA het by geleentheid gesê: We believe that to err is human. To blame it on someone else is politics.

En nou weet ons sommer ook waar politiek sy oorsprong vandaan gekry het.

Henrietta said...

Wat die ergste is van 'n oor-en-weer blameerdery, is dat daar niks aan die saak gedoen word nie....

Yf said...

Hallo Vriende

Oor hierdie onderwerp het die UL (Universiteit van die Lewe) my die volgende geleer: Dink bietjie oor die dinamika van vingerwys en leuens vertel - veral in die bipolêre wentelkring van die huwelik en gesin waar die meeste van die goed plaasvind. Waarom sou mens dit doen? Omdat jy bang is vir die gevolge as jy die waarheid bieg of skuld erken. En wat wek die gevoel van bangheid? Niks anders nie as die verwagte en erge negatiewe gevolge. Dit is die negatiewe, emosioneel intense reaksie wat 'n gevoel van onveiligheid skep. Vir 'n kind of 'n huweliksmaat behoort die gesin en huwelik 'n gevoel van 'n veilige hawe te skep nie 'n verlengstuk van 'n oorlogsone nie.

Hoe kan mens van jou kind of jou eggenoot verwag om eerlik te wees en skuld te erken as hy/sy op die een plek van veiligheid gekonfronteer word met hoekom vrae (jy moet jouself regverdig terwyl jy duidelik nie kan nie) en verwyte en terwyl jy weet enige bekentenis gaan 'n trop ou beeste wees wat weer uit die sloot verrys en voor jou kop gegooi gaan word. Geen wonder mense probeer dit omseil nie. Om 'n veilige hawe in 'n oorlogsone te omskep gaan niemand eerliker maak nie, net slimmer om die oorlogsone te vermy.
Ek sê geensins dat mens die dade moet goedkeur nie - maar gewoonlik word die persoon aangeval en mens moet eintlik die persoon omhels en in nederigheid dankbaar wees dat die persoon genoeg vertroue in jou het om veilig genoeg te voel om te bieg. Dan dra mens iets van Christus uit, teenoor wie mens nie bang is om te bieg nie. En waarom is mens nie bang om teenoor Christus te bieg nie. Daar lê die sleutel.

In vrede

Henrietta said...

Baie dankie Yf, vir hierdie uiters sinvolle stukkie - ek gaan dit uitdruk (dankie Gideon vir dié stuk raad!) en dit 'n hele paar keer lees sodat dit goed kan insink. Dat plekke wat veilige hawens moet wees waar mens jou diepste gevoelens kan uiter, dikwels oorlogsones is, is so tragies, né?

Henrietta said...

Hier is 'n voorbeeld in vandag se Citizen van blaamverskuiwing waarvoor die ANC nou al so bekend geword het - meesal soos die skrywer van die artikel sê, om die aandag van hdit wat hulle verkeerd gedoen het, af te kry: http://www.citizen.co.za/index/News/914473.page

Dit gaan oor die DA wat alarm gemaak het oor RSA se wapenverkope aan lande teen wie daar juis wapenaankoop- boikotte is. Nog 'n wapenskadaal aan die broei?

Henrietta said...

Laat my dink aan Liza se vroeëre plasing: To blame it on someone else, is politics...