Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

7/26/2009

"Child Theology Movement..."


Vanogggend oor RSG is daar gepraat oor Kinder-teologie, met ‘n verwysing van die “ Child Theology Movement” (lees meer hier: http://www.childtheology.org/new/) Lees meer...

6 comments:

Henrietta said...

Dit is blykbaar nie dieselfde as Kategese of "Kinderkrans" nie, maar 'n bediening op sy eie....

‘n Ou Jesuiete gesegde lui: “Gee my ‘n kind tot hy sewe jaar oud is, en ek wys jou die mens”. Sou kerke nou (weer) wakker word vir dié waarheid?

Henrietta said...

Marcia Bunge se seminale boek “The child in the Bible” was blykbaar een van die dryfvere agter die beweging.

“It is an approach to doing theology that asks, "What difference would it make if we did as Jesus did, placing a child in the midst, and letting the child's perspective guide our approach to theology.”

Kan so ‘n benadering weer oorbeklemtoon word en moontlik ‘n “-isme” word, soos feminisme?

Gideon said...

Jy is reg, dit is nie juis “sondagskool” nie. Dit lykvir my asof hulle “soos ‘n kind” oor God wil probeer dink. In die skakel het die volgende 2 gedeeltes my opgeval:

“…of the child in the midst as we think about, for, to, from and with God in Christ. As we do that, we expect our theology to change for the better. In Child Theology, we embark afresh on the journey with Christ into the open secret of God in the world.” en
“…to develop curricula so that Child Theology becomes a regular strand in all theological and mission training.”

Ja, dit kan moontlik weer ontaard in 'n "-isme", maar die vraag is of so 'n teologie enduit "die pas sal kan volhou". Die kind se "beeld" is taamlik beperk in die evangelie - ons moet soos 'n kind glo. Maar dan is daar heelwat beperkings: Dat ons van die "melkkos"-stadium aangaan na geestelike volwassenheid, oefen in die geloof, verstaan dat ons met bose magte te doen het en "ten bloede toe weerstand bied", ens. ens.

Groetnis.
Gideon.

Yf said...

Hallo julle.
Ek stem met alles saam met Gideon sê. Ek sien gevare hier. Jesus was die enigste kind wat die mensdom iets van die Skrifte kon leer. Ek gaan my beslis nie op 'n kind se insigte verlaat nie. Die vertrekpunt is die kind se insig en nie die Bybel nie? Ag nee man! En sodra die kidners groot is, wat dan van hulle insigte? Ek verstaan en stem saam dat die evangelie eenvoudig is om te verstaan (in teenstelling met ander gelowe) maar so 'n benadering is definitief nie vir my nie.

Vrede daar.

Liza said...

Verlos ons van die "ismes" Heer
gee ons natuur en waarheid weer

Amen ;)

Hier's nog so 'n paar ismes om aan te herkou:

Annihilationisme: Verduidelik die posisie dat mense se siele ophou bestaan na die dood
Antinomianisme: Die leer dat daar geen onveranderlike morele wet is nie, of dat die morele wet toepaslik is op mens se persoonlike lewe, maar nie op die lewe as geheel nie.
Arianisme:
‘n Dwaling uit die jare 300 wat gereken het dat daar ‘n verskil is tussen God die Vader en God die Seun, wat Christus van sekondêre belang maak.
Donatisme: Hierdie groep het hulle van die kerk afgeskei in die vierde en vyfde eeu. Hulle het streng dissipline toegepas, daarop aangedring dat kerk en staat geskei moet wees en het hoë standaarde vir mense in die bediening vereis. Hulle het geglo in die kinderdoop en wedergeboorte met die doop. Hulle het egter gaandeweg in ekstremisme verval.
Libertinisme:
‘n Panteistiese en antinomiaanse beweging wat vrye denke aanmoedig wat nie beperk word deur tradisie of absolute moraliteit nie.
Maltusianisme: ‘n Teorie wat, toegepas op ekonomie en bevolkingsgroei, leer dat geen kind gebore moet word, wat nie versorg kan word nie.
Monofisitisme: Die leerstuk wat hou dat die ge-inkarneerde Christus \net ‘n enkele, goddelike natuur gehad het, net beklee met menslike vlees.
Nestorianisme:
‘n Poging van die Biskop van Konstantinopel in 428 nC om dwalings te bestry. Dit handel oor die skeiding tusen die Goddelike en menslike nature van Jesus Christus.
Novatianisme: Die beweging het tot die sesde eeu bestaan, hoewel dit streng deur Konstantyn beveg is. Dit het daaroor gegaan dat Christene, wat die geloof verloën het onder vervolging en dan vir afgode ge-offer het, nie weer tot die kerk toegelaat sou word nie, al was hulle berou ook hoe opreg.
Quietisme:
Hierdie siening uit 17de eeuse Frankryk het totale passiwiteit waarin die wil vernietig word voorgestaan, tot so ‘n mate dat daar geen begeerte oorbly nie, selfs nie vir God of redding nie, maar die gelowige totaal deur God Self vervul sou word.
Sabellianisme:
Kom van die derde eeuse Sabellius wat geleer het dat die drie Persone van die Drie-eenheid gereduseer het tot drie karakters of modusse of verhoudings wat die Godheid aanneem vir die doel van kommunikasie met mense. God is dus universeel en ewig net Een, maar vir die doel van kommunikasie met mense neem Hy die vorme van Vader, Seun en Heilige Gees aan.
Vitalisme:
Die siening dat alles wat realiteit opmaak lewendig is en self kan dink.

So heel waarskynlik en kort voor lank sal daar gepraat word van Kinderteologisme.

Liza said...

Net vir ingeval julle dalk gewonder het wat die nut/betekenis van al die 'ismes' nou eintlik is:

The suffix -ism is a noun suffix. That is, when added to words or word roots, -ism forms nouns. It comes from the Greek noun suffix -ismos and means roughly “the act, state, or theory of.”