Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

6/21/2009

Vadersdag!


Vaders wat hier lees, kyk na die olyfboompies daar by julle en weet: geseënd is julle! Mag die Here julle seën uit Sion, dat julle die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jul lewe! Mag julle nog julle kindskinders aanskou!” (Ps 128:5 en 6)

4 comments:

Henrietta said...

Hehehe, Liza, dankie vir die pragtige ee.ee... olyfboompies en so aan....

Gideon said...

Hoop julle het julle "ou"-ens lekker bederf! Ons peetdogter het darem uit die Kaap gebel en my sommer "hoog in die takke" laat voel.
Groetnis.

Yf said...

Was dit dan Vadersdag gister? Skoon daarvan vergeet! Oh, well ek het in elk geval nie veel erg aan sulke dinge nie. 'n Man is mos daar om sy gesin te dien en nie andersom nie, is wat ek sê Maar die ergste van alles is dit was op die kortste dag van die jaar! Is dit nou diskriminasie of wat? Dalk die volgende evolusionêre stap - die mens en toe die vrou, after all, Eva is na Adam geskep.

Die sterker geslag is eintlik die swakker geslag a.g.v. die sterker geslag se afhanklikheid van die swakker geslag.

Pas julleself op!

Henrietta said...

Kortste dag, ja, maar langste nag, sodat julle lekker lank onder die warm komberse kan lê... spesiaal vir die manne so gereel - hehehe!