Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

6/30/2009

'n Nuwe Bybel op die mark!


Ek verneem een of ander groot oorsese uitgewery gaan binnekort ‘n nuwe uitgawe van die Bybel vrystel genaamd die Watookal oftewel Whatever Bible. Hierdie besonderse bybel wat nie rêrig ‘n Bybel in die ware sin van die Woord genoem kan word nie, bestaan glo uit 700 skoon bladsye waarop jy sal kan skryf watookal jy glo die waarheid is....

Die uitgewery se segsman, ene Karel James reken dit gaan ‘n weghol-treffer wees veral onder die nie- tradisionele Bybellesers en kerkgangers. James sê verder: Ons glo daarin dat mense eerder vorendag moet kom met hulle eie idees vir hul eie persoonlike geloofsreis as om gebind te word tot een geloofsisteem. Hy noem dan ook as voorbeeld die onlangse boekstawing van die een of ander bekende persoonlikheid se wedervaringe oppad na die berg Sinai.

Verder meen Karel James dat die persone wat die Bybel koop in der waarheid in hulle eie persoonlike Bybel sal kan skryf dit wat hulle glo belangrik is... Dit kan gedeeltes/versies uit die Koran, aanhalings deur Boeddha, en ja selfs uit die Christen Bybel insluit. Nietzche en Darwin en kie sal ook nie te versmaai wees nie... Ook belangrik is die feit dat jy sommer jou eie interpretasie en opinies daarin kan uitstort vir die nageslagte om te lees.

Soos afgelei kan word uit die aantal bestellings wat reeds geplaas is geniet die Whatever
reeds groot ondersteuning onder ‘n wye spektrum denominasies en kweekskole.

Soos verneem reken baie hulle Bybels gaan slegs uit Bybelversies met ‘n happy en 'goedvoel' strekking bestaan met niks van Hades, maagdelike geboortes en kruisiging/opstanding-dinge daarin nie.

Ek persoonlik kan sommer al klaar aan ‘n hele rits inspirerende aanhalings dink soos bv uit The Prophet asook uit On Earth as in Heaven wat as inspirasie sal kan dien vir my reis voorkant toe...

Die Whatever/Watookal is verkrygbaar in ‘n stylvolle swart, bruin of wit leeromslag asook in ‘n klein ‘met-dit’ denimomslag -gatsak uitgawe. Dit sal eersdaags by die meeste toonaangewende Christelike boekwinkels, tydskrifte en koerante te koop aangebied word teen net so 'n ietwat minder as die huidige en verouderde Bad News Bybels. Die opbrengs gaan geskenk word vir die bou van een of ander mega Whatsoever/Watookal Kerk iewers waarookal.

Ek lees met groot opgewondenheid op Kerkbode se aanlyn werf onder die opstandingsdebat dat daar reeds een prediker is wat vra of dit nie beter sou gewees het om maar liefs die misterie van die opstanding te bely en ruimte te laat vir almal om dit in te kleur met beelde wat vir hulself sin maak nie?

Hurry, hurry while stocks last...
(Met apologie aan Sacred Sandwich)

1 comment:

Yf said...

Rêrig? Ek dog dan 1 April is al lankal verby. Verbeel jou in christelike boekwinkels. Ek hoop die nice christene gee darem 'n griffel van 'n aard ook saam. 700 Bladsye, wie gaan so baie skryf? Dalk kan so 40 KK'ners oor 'n periode van 24 maande (never mind 2,400 jaar)al hulle opbouende inspirerende gedagtes saamgooi sonder om met mekaar te konfedereer en dan sien ons hoe bietjie hoe eenstemmig ens. hulle is. (As hulle sou konfedereer sal dit nooit klaarkom nie, hulle sal te veel stry oor wat nou eintlik moet in en uit en die interpretasie van woorde.) Sal nooit gebeur nie.

In Vrede