Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

6/17/2009

Liberale teologie - "gogga maak vir baba bang?"



Is die huidige debat rondom die liberale teologie soos bepreek word deur onder andere König, nie maar 'n geval van skrik vir koue pampoen nie? (Lees verder....)

3 comments:

Henrietta said...

Ek het bietjie gaan lees oor Crossan, wat saam met 'n hele klompie ander deur König genoem word, en so by die Jesus-seminaar uitgekom (wat so klem lê op die historiese Jesus, die evangelie van Thomas en sê dat Jesus se dissipels so teleurgesteld was in Hom dat hulle allerhande mitiese verhale rondom Hom vertel het).

Volgens Wikipedia is hulle maar 'n baie klein groepie (ongeveer 150) wat wêreldwyd versprei is en in 1985 al begin is.

Buchan trek skares van tienduisende (nie net in SA nie) en sy boodskap is redelike konserwatief. Sy bediening hier in SA is maar 'n paar jaar "" jonk".

As König reg is deur te sê dat die deursnee NG lidmaat "fundamentalisties" is, hoef mens mos nie bang te wees vir hierdie groepie nie?

Liza said...

Koue pampoen ja, maar 'n klein vuurhoutjie kan 'n hengske veldbrand en verwoesting veroorsaak...Crossan en kie mag dalk 'n klein groepie wees maar kyk net watse verreikende gevolge het hulle Jesus-seminaar met al sy vreemde stellings tot gevolg.

Ek dink, “fundamentalisties” of te nie, mens maar altyd op jou hoede moet wees, maar ek glo darem nie ons vreet meer sommer enigiets, koue pampoen ingesluit, vir soetkoek op nie...

Yf said...

My golly miss Molly! Ek het 'n kans gevat en kyk net! Ek is al so lank rknrloos by die huis. Ek is so bly! Hoe lank dit gaan hou weet nugter maar terwyl ek nou die kans het...
Liza, danq vir daardie aanhaling - dis presies net soos ek ook dink. Apologetika is die uit die weg ruim van intellektuele struikelblokke vir beide gelowige en ongelowige se geloofslewe.

Soos dit maar somtyds gaan is die Jesus Seminaar maar net 'n "vocal minority" 'n "storm in a teacup" die berg het 'n molshoop gebaar, dink ek. In ons land is hierdie "kruipende liberale teologie" 'n groter gevaar. Kyk maar na die Nuwe Vervorming - eie webblad en al - die meeste gelowi-ges weet nie eers van hulle nie, so hulle invloed is maar min. Maar Prof. Adrio wys tereg die groter gevaar uit, die subtiele aanslag. Een van ons predikante se tema was verlede sondagaand "Honey i've shrunk the gospel" Dit het toe uiteindelik oor iets anders gegaan, maar dis in der waarheid wat gebeur. Hulle verkrimp die Blye Boodskap om hulle te pas en dan id dit natuurlik ook makliker om te glo. Never mind die vermaning van Opng. 22:18,19 en Deut. 4:2

Miskien kan die Skriba :) namens die blog vir Prof. Adrio an ons ondersteuning verseker?

Vrede en nabyheid vir julle almal.