Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

6/27/2009

Heldeverering

Is daar grense aan heldeverering? vra ek myself af, elke keer as daar 'n bekende soos Michael Jackson sterf en mense daarop reageer. En heimlik wonder ek, wat gaan "die wêreld" se reaksie wees as Mandela sterf, as hulle so reageer op MJ....

4 comments:

Gideon said...

Dit sê eintlik iets van die wêreld rondom ons as 'n pedofiel só vereer word.

Henrietta said...

Dieselfde met al die "Idols"-kompetisies - snaaks dat mense in Afrikaans liewers die Engelse woord gebruik , en nie sê "Afgode" nie - die woord verloor soort van sy oorspronklike betekenis en word "versag" deur die Engels te gebruik...

Dink net, as die opskrif in 'n Afrikaanse koerant moet sê: "XX was die wenner van die "Amerikaanse Afgode" - kompetisie!

Liza said...

Hoe klink 'idool'...lelik né. En nee wat die "Idols"-kompetisies is mak - slegs maar mense wat 'n geleentheid benut om met hul talente te woeker. Ek sou sê die TV is eerder die afgod/verslawing siende al die tyd wat mense voor dit deurbring.

sharondippenaar said...

Ja nee ek stem saam, weet nie waaroor die ophef gaan nie, hy het sy eie pad bepaal deur sy leefwyse. Tragies dat hy nou die geld gaan verdien wat hy nodig gehad het.