Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

6/20/2009

"Drie debatte, baie vrae..."

Amie van Wyk in vandag se By-bylaag van Beeld , “Drie debatte, baie vrae”, raak insiggewend aan vrae wat rondhang in die godsdiensdebat. Bertus, so tussen alles deur raak-raak hy ook aan dit wat jy in jou laaste plasing aanroer. Hier:

http://jv.news24.com/Beeld/In-Diepte/0,,3-67_2531101,00.html

7 comments:

Liza said...

König, Van Wyk, Boshoff etc., etc., soveel debatte, soveel menings/verklarings wat net nog meer vrae tot gevolg het...

Ek voel soos die figuur in Edvard Munch se The Scream, ek wil my ore toedruk en gil - al die geleerde menings sorg vir verwarring.... Sou Jesus van my verwag om ‘n Bybelwetenskaplike te wees om sy boodskap te kan verstaan, moet ek eers ‘n Phd. agter my naam kan skryf om die Bybel “reg” te verstaan????

Slotsom: Na de maai met almal.

Beware lest anyone cheat you through philosophy and vain deceit, according to the tradition of men, and not according to Christ. For in Jesus Christ dwells all the fullness of God

Dis vir my genoeg.

Gideon said...

Liza, hier is my perspektief:
EERSTENS: Net soos jy sê. Gods Woord met die evangelie wat dit verkondig is tog só eenvudig dat ons dit soos 'n kindjie kan aanvaar en glo.
TWEEDENS: Hoe meer dwaalleringe verkondig word, hoe meer mense gee hulle geloof in God prys. Hiervan is die Nuwe Hervorming, die evolusie-hipotese en die liberalisme maar 'n paar. Selfs Paulus moes die jong kerk uitvoerig teen dwaalleringe waarsku en dit aan die kaak stel.
In ons dag moet elke kind van die Here sy/haar stem laat hoor teen die oorverdowende God-lonende lawaai van dié wat Hom en Sy evangelie wil diskrediteer en verdag maak. Indien ons stilbly en niks sê nie, sal die wêreld aanvaar dat ons "Grond" onder ons voete uitgeslaan is en dat ons geen antwoord het nie. Wie weet kan ons êrens, deur ons stemme te laat hoor, iemand "terug wen" na die kinderlike geloof in God. Ek dink só baie aan "Wedergestorwe Christen" van KK. Dit moet 'n verskriklike gevoel wees om jou geloof te verloor. Dink maar aan Hennie Mouton se kragtige argumente teen die sg. "wetenskap" van die evolusieleer - veral bls.42 van sy boek.
Dit is ongelukkig 'n gegewene van ons tyd - 'n deurmekaar wêreld. Geen wonder dat die Woord sê dat geloof in God 'n genadegawe is, en "baie is geroep, maar min is uitverkies".
Groetnis vir eers.
Gideon.

Yf said...

Hier is my By-drae. Soos hierdie hedendaagse selfopgelegde "geloofsbevryders" aangaan, sou mens sweer hulle is die eerstes (volgens hulleself) wat slim genoeg is om die "foute" van die evangelie raak te sien. Dink hulle dan gelowiges van vorige eeue was onnosel? Ek is soort van seker daarvan dat al hierdie nuwerwetse strominge al voorheen in die kerkgeskiedenis plaasgevind het.Daar was ook mos denkende mense en baie van die vrae oor Skrifwaarhede wat vandag onder skoot is, was toentertyd ook onder skoot. So, wat het van al daardie ketterye geword? Ek meen as jy vervolg word gaan jy baie seker maak van presies waarvan jy bereid is om vervolg te word en vir watter NT geskrifte jy bereid is om te sterf nie waar nie? Nie dat die Waarheid afhenklik is of gestaaf word deur die soort argument nie - Goddelike waarheid is onafhenklik van menslike op9nie maar selfs uit menslike perspektief dink ek, kan mens maar steeds by glo in die Bybelse waarhede.

Gröss Gott!

Bertus said...

Die debatte sal nog lank met ons wees.

Op 'n baie eenvoudige basis reduseer ek die bestaan van God altyd terug na die volgende: dit is hoogs onwaarskynlik dat 'n geraamde 100 biljoen sonnestelsels sommer net vanself ontstaan het of tans voortbestaan'. Dit is ongetwyfeld meer waarskynlik en logies dat 'iets' daarvoor verantwoordelik is. Jy moet baie moedswillig wees om hierdie 'obvious' punt gedurig te wil miskyk.

Yf said...

Bertus, hoe hou jy hiervan?
Daar is meer as 2 000 ensieme wat in aardse lewe voorkom. Die waarskynlik heid dat dit spontaan sal vorm is 1 uit 10(tot die mag)40,000!
Oorgeneem uit:
http://www.allaboutscience.org/theories-on-the-origin-of-life-faq.htm

Net om hierdie getalle in perspektief te plaas:

10(tot die mag)20
- The total number of stars
- The number of atoms in about ten
grams of carbon
- Mass of the Earth
- Diameter of the Milky Way (10(tot die mag)21)
- Diameter of the Universe (10(tot die mag)26)

10(tot die mag)80
- The number of particles in the
observable universe

10(tot die mag)40,000
Chance of a monkey typing Hamlet by hitting random keys
http://varatek.com/scott/bnum.html

Aantal deeltjies in die waarneembare heelal 10 met 80 nulle, kanse dat al die aminosure gevorm sou wrod 10 met 40,000 nulle! Ek wonder hoe lank sou so 'n apie moes kon leef ou Hamlet te skryf? Dalk langer as die lewevan die heelal?
Is die woord 'toevallig' nog enigsins van toepassing?

Henrietta said...

Dankie vir elkeen van julle se insette- dit is elkeen so kosbaar. Liza, jy is SO reg! Waarom dink jy het Jesus sy kosbare evangelie aan eenvoudige, ongeletterde vissermanne toevertrou?

Meer as een plek staan dit in die Bybel dat "verstand" of "geleerdheid" nie nodig is Bybelse waarhede te verstaan nie. Dit is openbaringskennis - al wat nodig is , is 'n gewillige hart en ore en ore wat deur die Heilige Gees "oopgemaak" is.

Van die mees kostelike Bybelse waarhede het ek al uit die monde van klein kindertjies gehoor...

Liza said...

Gideon, dankie. Jy's reg. Ek's slegs maar bang dat jan alleman wéér aan die neus gelei gaan word...mens moet seker maar ook fyn sif.