Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

6/10/2009

Die ANC -boudruk

Ons het in vorige plasings hier al gepraat oor die kommunistiese/sosialistiese geluide wat na die verkiesing gehoor word. Lyk my ons was toe nie so ver verkeerd nie: In vandag se Beeld is ‘n insiggewende artikel “Die ANC -bloudruk” deur Pieter du Toit . (Lees verder in opmerkings)

4 comments:

Henrietta said...

Hier is kort grepe uit die artikel:

“Die rol van die NDR in ’n post-apartheid Suid-Afrika is reeds in 1988 deur mnr. Joe Slovo, SAKP-leier, uiteengesit toe hy gesê het daar moet ná die koms van demokrasie nie te hard gepraat word oor die eintlike doelwit van die bevrydingsbeweging nie.”

“Prof. André Duvenhage van die Noordwes-Universiteit sê dis duidelik die ANC put ideologies uit klassieke Marxisme, Leninisme en Stalinisme. En me. Helen Zille, DA-leier, sê die NDR is “vernietigend” en “allesbehalwe demokraties”.

“Daar word in die ANC deurlopend gepraat van “die soort samelewing wat ons wil sien”. Die NDR is dáárdie samelewing: een waarin die ANC-woord wet is, waar maatskaplike ingenieurswese die vernaamste instrument is en waar alternatiewe standpunte as teenrevolusionêr beskou word.
Dis alles swart op wit; en haas onkeerbaar.”

Die hele artikel kan hier gelees word: http://jv.news24.com/Beeld/In-Diepte/0,,3-67_2528122,00.html

Henrietta said...

Jammer - NDR = nasionale demokratiese rewolusie.

Henrietta said...

Op PRAAG se webwerf is hierdie in antwoord op die genoemde artikel:

http://praag.co.za/content/view/5073/403/

Henrietta said...

Volgens die PRAAG artikel (geskryf deur Jellenke Wierenga) is van die genoemde NDR se oogmerke die volgende:

Ek haal aan:
"• die algehele “suiwering” (uitwissing) van Suid-Afrika se “koloniale verlede” (dit wil sê, alles wat werk, alles wat wit is, alles Westers, beskaafd en kapitalisties)
• die snoer van die media se mond
• die infiltrering van die regbank deur “voldoende amptenare” (ANC-kaders) sodat dit “lojaal” is aan die ANC-ideologie, dit wil sê, ondergeskik en gedienstig
• die infiltrering van elke regeringsvorm en gesagsliggaam, van heel bo tot heel onder, deur ANC-kaders
• staatsingryping in elke aspek van die samelewing, van die ekonomie tot die samestelling van sportspanne, van die aanstelling van onderwysers tot die taal in klaskamers
• die uitwissing van die kapitalisme en die inwerkingstelling van die kommunisme en sosialisme, wat onder meer die nasionalisering van private grond en eiendom behels
• die gebruik van die getalle-hefboom (swart massas) om besluite deur te druk
• die aanpassing van die Grondwet – wat in die eerste plek net as paai-meganisme ingestel is ...."