Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

5/03/2009

Watter Jesus?


In die week kyk ek National Geographic, en die onderwerp is in die lyn van "die historiese Jesus". Maak dit saak hoe mens Jesus sien? As jy "ja" sê, hoe sou jy jou antwoord motiveer?

5 comments:

Liza said...

Hallo Henrietta,
Ek glo dat slegs die Bybel vir ons kan vertel wie en wat Jesus werklik was - dit staan daar swart op wit en vir diegene en veral die hedendaagse slim professore en teoloë wat vir my anders wil oortuig met hulle slim stories wil ek sê soos C.S. Lewis in sy boek The Case for Christianity skrywe:

³I am trying here to prevent anyone from saying the really foolish thing that people often say about Him [Jesus Christ]: "I'm ready to accept Jesus as a great moral teacher, but I don't accept his claim to be God."
That is the one thing we must not say. A man who was merely a man and said the sort of things Jesus said would not be a great moral teacher. He would either be a lunatic -- on a level with a man who says he is a poached egg -- or else he would be the Devil of Hell.
You must make your choice. Either this man was, and is,the Son of God,: or else a madman or something worse .... You can shut him up for fool, you can spit at him and kill him as a demon; or you can fall at his feet and call him Lord and God. But let us not come up with any patronizing nonsense about his being a great human teacher. He has not left that option open to us. He did not intend to.²

Gideon said...

Jesus, die vleesgeworde Woord van God, was en is en sal alles wees wat die Bybel oor Hom leer.
Fisies? (n.a.v. die foto's): Ek dink aan Hom as 'n fors, gespierde man met kort hare (Sien 1Kor.11:14).
Groetnis.

Liza said...

Hallo Gideon, eintlik is die Jesus-fotokomposisie veronderstel om te illustreer hoe verskillend mense oor Hom dink...Vir die een persoon is Hy die gemoedelike en lekker ou wat maar alles net vergewe en oorsien ongeag, vir die volgende is Hy die versinnebeelding van die revolusionêr wat gekom het om die "onderdruktes" te verlos...en deesdae vir al hoe meer mense is Hy maar net nog 'n wyse man wat lank gelede geleef het ens...

En ja, fisies gesproke sou hy beslis gelyk het nes jou beskrywing van Hom.

Henrietta said...

Soms dink ek , dat mense wat Jesus net as historiese figuur sien, nie bereid is om die konsekwensies van hul dade te aanvaar nie.

Wanneer 'n mens Jesus as die Seun van God, as Verlosser sien, beteken dit dat mens die "vernederende" pad van sondebelydenis en en alles wat dit behels, die aflegging van die ou mens en totale oorgawe van 'n nuwe lewe in Christus moet loop.

Dalk is só 'n prys te hoog om te betaal?

Lekrom said...

almal wil tog so graag net hê Jesus moet net 'n gewone 'dude' wees wat 'n paar 'tricks' in sy mou gehad het en wyse kwinkslae kon kwytraak...want as dit is wie Hy is dan maak Hy geen aanspraak op jou lewenswyse of selfs jou lewe self nie. dan kan jy nog jou eie lewe bedryf soos jou vleeslike mens goeddink.

punt is - Hy het gesê dat Hy God in vlees is...en dit bewys deur Homself uit die dood op te wek en daarna aan menigte mense te verskyn voor Hy opgevaar het, en elkeen van daai mense is gemartel en/of vermoor vir daardie getuienis.