Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

5/29/2009

Politieke gesegdes wat ‘n mens laat DINK ...

So uit die politieke perd se bek :

"The government cannot give to anyone anything that it does not first take from someone else." -- Thomas Jefferson

"A government big enough to give you everything you want, is big enough to take away everything you have." -- Thomas Jefferson

“When a self-governing people confer upon their government the power to take from some and give to others, the process will not stop until the last bone of the last taxpayer is picked bare.”----Howard E. Kershner (lees verder onder opmerkings)

5 comments:

Henrietta said...

"The problem with socialism is that you eventually run out of other people's money." Margaret Thatcher

Calling an illegal alien an 'undocumented immigrant' is like calling a drug dealer an 'unlicensed pharmacist' Author Unknown

"You cannot lift the wage earner up by pulling the wage payer down"
ABRAHAM LINCOLN

SAL IEMAND DIT IN GROOT LETTERS skryf en teen die soustrein se mure plak, asseblief?

Michael said...

Hallo Henrietta,

Dit is nou voorwaar lekker gedagtes, wat my sal by bly.

Die waarde lê nie daarin dat dit onaanvegbaar is nie, maar wel dat dit 'n mens diep laat dink oor ons eie politieke bestel.

Voeg die gedagtes by die aanklag van die YCL dat Zille die Wes Kaap in 'n Orania wil omskep en ons dink sommer baie verder...
http://www.citizen.co.za/index/article.aspx?pDesc=97064,1,22

Groete,
Michael

Henrietta said...

Lekker om weer van jou te hoor Michael! Ek stem saam dat dit mens diep laat nadink - my pa het dikwels 'n Engelse gesegde gebruik en gesê dat enige "robbing Peter to pay Paul"-stelsel verkeerd is, aan watter kant van die politieke spektrum ookal.

Michael said...

Hallo Henrietta,

Ek moet erken dat my aptyt vir "blogging" het baie laag geword, vir verskeie redes. Dit is seker omdat ek nog nooit 'n gedissiplineerde brief skrywer was nie en daarvoor kan ek verskoning vra.

Oor die onderwerp... Soos ek dit sien is die reg op eiendom die enigste reg wat beskerm moet word. As sosiale geregtigheid nie van uit mense se eie verantwoordelikheid kom nie beteken dit niks nie. 'n Sekulêre bestel sal altyd kom by die punt waar mense gedwing word om hulle "eienaarskap" op te sê ter wille van sosiale geregtigheid (...the common good) en in baie gevalle selfs sosiale ongeregtigheid (...for the common good).

Die Bybelse verantwoordelikheid van elke individu is om God en sy naaste lief te hê en daaruit sosiale geregtigheid te vind. Dit is 'n verantwoordelikheid wat humaniste beswaarlik verstaan omdat hulle eie oorlewing en genot alles oorheersend is... selfs as hulle ander mense help doen hulle dit net vir eie gewin.

Gideon said...

Tien uit tien vir julle altwee!! Ek stem hartlik saam.