Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

5/23/2009

Nuwe woorde nodig?

Kan mens woorde soos "ontmoet" en "leer ken" gebruik, as mens 'n persoon nog nooit van aangesig tot aangesig gesien het nie? Die meeste van julle hier, byvoorbeeld, het ek nog nooit in lewende lywe "ontmoet" nie (en julle MY ook nie!) , tog vorm ek in my kop 'n prentjie van "wie" julle is.... Daar is al heelwat geskryf en oor gepraat oor die "goeie" en die "slegte" van kubervriendskappe, maar wat ek vandag wil weet, is: kan ons ou woorde en uitdrukkings gebruik? Weet julle van nuwe woorde in dié verband?

1 comment:

Henrietta said...

"Op iemand afgekom" wil nie goed klink nie ; ek kan ook nie eintlik sê : "raakgeloop" nie, want ek het nie geloop nie... dalk "raakgelees"?

Oor "leer ken" : Wanneer "ken" mens iemand, kan mens sê "ek het iemand leer ken" deur 'n forum?

'n Aangetroude familielid het mense "leer ken" deur aan radioprogramme deel te neem - hulle gesels soos ou vriendinne, bel met verjaarsdae, deel resepte uit en deel in lief en leed, maar het mekaar nog nooit in lewende lywe ontmoet nie....