Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

5/03/2009

Liberale kerkmanne nou net soos militante ateiste?

Die brief hieronder is in vandag se Rapport gepubliseer. Toenemend is dit my indruk dat die mees onverdraagsame mense werklik die liberales is. Die twee professore se manier en styl van kritiek is regtig buite orde - en die briefskrywer vat dit nogal raak.

Die liberales en behoudendes in die NG Kerk se bekgevegte raak nou weer warm - met Konig wat nou 'n 'double-dare' voor die NG se leierskap gooi - hy wil by hulle weet waar staan hulle nou presies in die geveg hierbo na verwys. (lees die hele sage in Rapport)

Die liberales natuurlik laat val die spreekwoordelike bal heeltyd deur om nie die moed van hul oortuiging te he om vir eens en vir altyd die behoudendes se eenvoudige vrae te beantwoord nie - soos bv: glo hulle dat Jesus regtig opgestaan het of nie? Wat kan nou makliker wees?

Kyk, so 'n ongemaklike rondskuiwery het ek nog nooit gesien nie. Selfs die Kerkbode se hulp help hulle nie - soos mens nou deeglik gesien het met die gemeentes se stemmery oor Kerkeenheid - die mense het gepraat! Gunsteling liberale issues word tot vervelens toe in Kerkbode geplaas, maar helaas, die 'koolkoppe' dink anders oor hierdie sakies. Waar gaan hierdie geveg ophou? Kerkskeuring? Dit sal jammer wees, want ek sien nie kans vir 'n NG Kerk wat gedomineer word deur die behoudendes nie, nee, laat almal se stemme gehoor word.

Lees verder onder kommentaar...

5 comments:

Liza said...

Speel die bal; nie die man
Schalk Meintjies, Centurion

Ek verwys na die artikel oor die boek van dr. Adrio König Die evangelie is op die spel in verlede week se Rapport. Ek het ook die openbare brief van proff. C.J.A. Vos en D.J. Human oor König se boek onder oë gekry.
Dit is vir my hartverskeurend om te lees hoe twee van ons topteoloë venynig en bitsig hul kollega verkleineer, beledig en afkraak met woorde soos Bosveldboer, Kleinboer, selfaangestelde Messiaanse bevryder wat werk met subtiele verdagmakery, onwaarhede en vals aannames. Dit is aanstootlik om hul reaksie te vergelyk met Luke Watson wat wou braak op die Springboktrui. Is dit hoe ons König deur die jare leer ken het?
Hulle gaan dan verder om die uitgewer van die boek, Lux Verbi, hierby in te sleep deur te verwys na “die Evangelie van König en Lux Verbi” en te verklaar dat die spieël tussen hulle en die uitgewer gebreek het, so of die skrywers van die brief die alleenreg op publisiteit het.
Eintlik gaan dit skynbaar nie vir hulle oor die inhoud van die boek van König nie, maar oor sy persoon. Hulle verwys nêrens saaklik na die argumente in die boek nie, maar net smalend na König self. Al wat deur hierdie soort brief gaan baat vind, is die duiwel.

Liza said...

Dit is juis omdat daar nie meer behoudendheid aangaande suiwer Woordverkonding is nie dat sake nou op die spits gedryf word.

Ek stem 100% saam met dr. König, dwing die spulletjie om 'n slag hulle ware aard te openbaar.

Henrietta said...

Dankie Bertus, dat jy die saak weer na vore bring. Veral die afbrekende wyse en venynigheid van die kommentaar vind ek ontstellend.

Ek weet die Gereformeerde kerke werk soos jy daar daar opmerk, Berus : nie soos die Roomse kerke nie waar daar 'n "Pous" is wat uiteindelik uitsprake gee oor sake. Die "bottom up" benadering is baie stadig.

Ons het ook al op ander drade daaroor gepraat of daar nie meer iets soos die tug in Gereformeerde kerke is nie. Soos Gideon het ek ook al deur die kerkraad of deur die Kerkbode probeer werk - sonder sukses.

Intussen lei die hele "liggaam" daaronder. En word ons al hoe "vlakker" (soos geïnpliseer in die ander "A mile wide and an inch deep"-draad).

Gideon said...

Hierdie liberales vertel ons eintlik net al meer oor hulleself - veral met hulle verwysing na Luke Watson en die Springboktrui. Laakbaar dat "geleerdes" tot daardie vlak van debatvoering daal.

Ek probeer nog Adrio König se "Die Evangelie is op die spel" in die hande kry - baie nuuskierig.

Bertus said...

Liza,

As die liberales meen dat daar ander maniere is om met jou Christenskap om te gaan, stel ek belang om daarvan te lees.

Hulle modus operandi om hul boodskap tuis te bring is egter vir my teleurstellend venynig - en ek skakel deesdae onmiddelik af sodra ek hulle tipe van gesprek raaklees.