Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

5/06/2009

"JUIG"

Het na my studies en aftrede skielik baie "vrye leestyd" , maar "old habits die hard" en ek snuffel soos altyd na iets vir die (G)gees/"waarde vir geld" ... Ek kyk na LIG, FINESSE, LEEF, en so val my oog op splinternuwe JUIG(Jaargang een , uitgawe 1). Afrikaanse weergawe van "JOY"? Lekker skrywers en interessante artikels .... geloofsprong in hierdie moeilike finansiële tye! Kyk gerus en vertel wat julle dink?

2 comments:

Gideon said...

Baie geluk met jou (uiteindelike) aftrede, Hetta meisiekind!
Soja! Nou het ons iemand met baie tyd om vir ons met al die interessantste nuusies en inligting te voer.

Miskien tree ek ook "uit" so oor 4 jaar!!

Groetnis.

Henrietta said...

Dankie Gideon! Maar, soos jy self goed weet, beteken "aftrede" nie noodwendig "uittrede" nie - is nog steeds by interessante dinge betrokke, maar die pas het (gelukkig!) aansienlik stadiger geword...

Julle kan by www.juig.co.za gaan loer - van die artikels in "JUIG" is op die webblad te lese.