Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

6/14/2009

HOE verdedig ek my geloof?

In 'n artikel in Beeld vandag : "Talle verlaat Christen-geloof" (hier : http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2515433,00.html) haal Neels Jackson 'n VSA-professor aan wat impliseer dat sy bevindinge die MANIER waarop
christene hul geloof verdedig, op 'n ander koers behoort te stuur. Volgens my het die artikel nie eintlik iets nuuts te sê nie, en gaan dit maar basies om dieselfde dinge waarmee "gelowiges" in SA in die laaste tyd mee stoei....

9 comments:

Yf said...

Hallo daar! Ek vat gou 'n blaaskansie!Soos jy sê niks werklik nuuts nie. Alhoewel dit tog wel mooi puntsgewys uiteengesit is. Ek bespeur 'n tipies sekulêre aanslag in die manier waarop die inligting aangebied word. Maar woorde soos "stroom" en "talle" is nie wetenskaplike taal nie en is oop vir interpretasie en argumentasie. in dieselfde trant kan ons dan sê dat die christendom vinniger as enige ander godsdiens groei, in Suid Amerika die vinnigste. Ek twyfel egter nie aan die inherente waarheid van die artikel nie. Slegs aandie oordrewenheid van die getalle wat betrokke is. En as dit in SA was (wat dit sekerlik tot 'n mate is) dan moet ons afgewaterde en agtergeblewe sondagskool en katkisasie prosesse en ihhoude die skuld daarvoor kry. Jare lank al, maak ons, die Kerk, ouers in die geloofsfeer groot op die manier en nou kan hulle nie meer werklik omgee of hulle kinders ernstig is oor hulle geloof nie en die. Terselfdertyd sit ons deesdae met moeke wat, in my opinie, minderwaardig is in vergelyking met die ou katkisasieboek.Alles baie subjektief, ek weet maar ek het daai boek geleer en sy inhoud het my tot vandag toe nog nie beskaam nie. Anyway, dis my opinie, die sondagskool en katkisasie inhoude het definitief nei tred gehou met die verandering benadering van die sekulariste nie en kan dus nie werklik goeie teenvoeters bied vir hulle aanslae nie.

Vrede daar

Bertus said...

Die volgende aanhaling uit die artikel is baie waar:

"Die manier waarop Christene en die kerk leef. Hy het verwys na die skandale van seksuele misbruik in die Rooms-Katolieke Kerk in die VSA en hoe dit sommige mense laat voel het dat hulle nie met integriteit deel van die kerk kon bly nie."

Ek dink dat gelowiges se beste 'verdediging' ons optrede moet wees - minder preek en meer uitreik, op plekke waar dit saak maak: die armes, op die strate ens.

Stephen Joubert het onlangs in die Beeld 'n fantastiese bydrae tot hierdie debat gelewer deur om te verklaar dat ons as gelowiges eerder die strate moet invaar en mense se lewens moet verander deur ons optrede, deur om die wat swaarkry te help met opgerolde moue.

Henrietta said...

In die weeklikse Godsiens-aktueel rubriek in Beeld vandag antwoord Elsje Büchner onder die opskrif “Begrip, ook sónder debat” vir Neels Jackson (hier:

http://jv.news24.com/Beeld/Opinie/Rubrieke/0,,3-2085-66_2517989,00.html )

Sy sluit haar betoog só af: “As ons ander se worstelings oneerbiedig gaan begin hanteer, gaan mense doodeenvoudig begin stilbly en wegdraai.
’n Rou-eerlike gesprek met ’n ouerige oom een Sondagaand oor sý twyfelvrae in die lewe het my weer laat besef hoe sinvol eerlike gesprek oor twyfel kan wees.
Om net langs iemand te sit en saam te sit en wonder en huil, sonder kits-antwoorde, bring op sy eie manier ’n soort rustigheid dat ons nie alles weet nie en nie alles hoef te verstaan nie. Sonder dat daar debat was, was daar groter begrip.
Dit is vir my so mooi hoe Jesus sy eie dissipels se twyfel ná sy opstanding hanteer het.
Hy laat hulle toe om aan Hom te voel en na die wonde op sy hande en voete te kyk, terwyl Hy rustig met hulle praat.
Daar was dus nabyheid, vertroue en gesprek. Daarná het hulle verstaan.”

As ons almal maar só na mekaar kan luister!

Lekrom said...

ja ja ja dieselfde geykte punte.

paar punte (puntsgewys volgens 'bullets' in artikel):

1. die Bybel is as't ware deur God ge'dikteer' - die paar 'foutjies' wat te vinde is is letterlik hier en daar 'n woord voor 'n ander geplaas of dalk 'n nietige spelfoutjie met kopiering opgetel. die INHOUD en KONTEKS is behoue.

2. mense wat nie glo in 'n 6-daagse skepping en vloed ens nie, veral Christene, moet mooi verduidelik hoe hulle 'n beter verstaan van die Bybel kan hê as Christus self, want Hy het Genesis en Jona ens. aangehaal as FEIT en GESKIEDENIS. En Hy het tog die Woord geskryf - Hy IS die Woord (verwys na punt 1)

3. Christene maak foute. Ons is vasgevang in sondige liggame waarteen ons konstant in stryd geworstel is. Dis in elk geval dwaas om te veronderstel dat elke siel wat Sondae in die kerkbanke sit bekeer het van hul sondige natuur, Christus se versoening aanvaar het, hul geloof in Hom geplaas het en derhalwe 'n nuwe hart ontvang het. Baie is net daar uit tradisie en hulle gaan uit en lewe soos Sodom en Gomorra in die week.

4. Ons verdien soveel meer as die hel want ons is vyandig teenoor God gebore. Die hart is boos sonder die ingryping van die Heilige Gees. Elke gedagte wat ons bedink is korrup. Ons sonde kan nie God se heiligdom betree nie. En tog - God die Vader het Christus eens vir altyd gestraf vir die wat bereid is om soos 'n kind te glo. God is meer regverdig as wat ons ooit kan verstaan!

5. 'The problem of evil' - boosheid is in die wêreld omdat ONS teen God gekies het. Vir ons om lief te kan wees vir God moet ons ook die vermoeë hê om teen Hom te kan kies - anders was ons maar soos robotte. Hoe WEET ons goed is 'evil'? Juis omdat ons inherent weet wat 'good' is en hoe die wêreld veronderstel is om te wees. MENSE kies om ander se goed te steel, hulle te verkrag of vermoor. God het ons die keuse gegee om ons lewens te lewe - met oordeel wat sal kom vir wat ons gedoen het. Slegs die wat hul geloof in Christus geplaas het en derhalwe met Sy geregtigheid geklee is sal vrygespreek word.

'n Mondvol...maar nou ja!

-Morkel Erasmus-

Henrietta said...

Lekrom/Morkel , BAIE welkom hier , en dankie vir die sinvolle mondvol - dit word waardeer! Vir my lyk dit of een van die kernpunte draai rondom waar daar gefokus word : by God of by die mens? Daar heers 'n liberale humanistiese gees in die tyd waarin ons nou leef, (dink maar aan menseregte, kinderregte, vroue-regte, ens ens) - ek sê nie dis verkeerd nie, maar neem dit nie ons fokus op 'n manier weg van God nie? En hoe handhaaf mens 'n gesonde balans?

Liza said...

While it is true that cold intellectual thinking can never bring anyone into a warm personal relationship with God, it is also true that, while a subjective commitment to God may be satisfying to the self, it lacks credibility to others unless it can be shown that there are good reasons for the actual existence of the God to whom commitment has been given. – Hugh Montefiore

Ek wil saamstem met die teoloog Montefiore dat die bewyse vir die bestaan en verstaan van God baie nou afhang van ons kennis van ons geloof. Ek voel ons moet kan verantwoording doen vir wat en hoekom ons glo wat ons glo - dus moet ons aan die skeptici kan bewys dat ons geloof nie maar net ‘n blindelinge sprong is nie, maar wel genoeg substansie bied om met integriteit ondersoek te kan word. Die dae van “glo maar net” en ‘n bybelversie of twee as antwoord is beslis verby. Die mensdom soek meer en ongelukkig skiet ons kerke hier tekort.
Daarom is dit vir my verreikend om boeke van Adrio König, Francis Schaeffer (veral sy The God who is there)en C.S. Lewis se kaliber te lees. Wat my veral opval van hierdie manne (twee al afgestorwe) is die nugter en intellektuele wyse waarop hulle hul geloof ‘verdedig’ sonder om arrogant en beterweterig te klink, eintlik baie beskeie en nederig. ‘n Goeie voorbeeld vir baie van ons.

Morkel, hallo en welkom. Dankie vir jou pos. Ek hoop jy het die Visrivier Canyons-staproete geniet en sien uit daarna om weer van jou te lees.

Henrietta said...

Dankie vir jou waardevolle inset, Liza. Hopelik sal ek een of ander tyd onder die König draad meer hieroor sê, maar ek dink dat Adrio König baie sinvolle metodes gebruik om mense se argumente te weerlê. Ek dink ook dat Michael van sy metodes sal hou - hy verwys net so sydelings na belydenisskrifte, maar hulle word nie as sodanig gebruik vir sy argumente nie.

Henrietta said...

(Ek plaas hierdie op albei plekke) : Die titel van König se boek sê duidelik dat daar by hom geen twyfel is nie: “die evangelie IS op die spel”. Die subtitel op die voorblad lui: “Vind jou weg deur die huidige geloofsdoolhof”. Die subtitel op die binneblad verskil : “Die verwarring oor die Bybel, en oor Jesus se lewe, sterwe en opstanding. ‘n Alternatief op liberalisme en fundamentalisme”.
In die voorwoord word mens aangesê om die hele boek in die lig van die voorwoord te lees. Die boek word ingelui met: “In hierdie boek word ‘n poging aangewend om ‘n alternatief te ontwikkel op liberalisme en fundamentalisme.” Dit word dan ook gedoen deur die twee strominge teenoor mekaar te stel, met baie meer aandag aan eersgenoemde as laasgenoemde , met die rede dat fundamentalisme “onskuldiger “ is as liberalisme, dat daar hoop is om ‘n fundamentalis se kop oop te kry en omdat die werklike gevaar in die kerk die sagter form van liberalisme is (p. 301-302).
König kyk na sake rondom die evangelie wat deesdae druk bespreek word, soos Bybelbeskouings, wie Jesus was, die kruis en die opstanding en in elke geval word bepaalde skrywers se sienings onder die loep geneem. ‘n Kort bespreking word in hoofstuk 10 gegee van panenteïsme en monisme.
Baie mense (onder andere Van Aarde, Craffert, Crossan, Ben du Toit, Alfonso Groenewald, Julian Müller) word by name genoem, met hul bepaalde uitsprake wat deur König bespreek word. (Hy speel myns insiens die bal en nie die man nie, in teenstelling met die byvoeglike name wat hyself in koerantartikels toegevoeg is).
In die laaste hoofstuk word alles kortliks saamgetrek en gee hy ‘n alternatief (of twee?) vir fundamentalisme en liberalisme: Verantwoordelike kritiese teologie, waaronder hy homself skaar (en ‘n hele paar name van mense word ook genoem, met die melding daarby dat dit nie ‘n georganiseerde groep is nie). Behalwe genoemde alternatief, skryf hy baie kortliks ook oor vernuwing (asof dit ook ‘n moontlike alternatief is?).
Die oorheersende indruk wat ek kry, is een van positiwiteit, dat wat aan die gebeur is, eerder goed is as sleg omdat dit ons uitdaag om anders oor sake te dink en dat König dink ons leef in ‘n avontuurlike tyd (p.310).
Die boek is in ‘n lekkerleesstyl geskryf en ek het dit geniet.

Henrietta said...

Adrio König self oor sy eie boek in Kerkbode hier: http://kerkbode.co.za/kerkbode/brief.asp?id=870