Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

5/13/2009

Hellen Zille versus Manuel?

My ma het graag 'n uitdrukking gebruik : as jy 'n hond wil slaan, sal jy wel 'n stok vind.... daaraan het ek gedink toe ek vanoggend hoor hoe sy weer in die spervuur is.

Sonder om politiek by te sleep, wil ek net sê, dat ek 'n groot bewonderaar van Zille is. Om as Nr Een burgemeester van die Wereld aangewys te word, gebeur nie sommer net nie, allermins in die SA van vandag...

Sy is 'n wyfie-bulhond wat vasbyt en nie laat los as sy dink dis nodig om 'n saak aan te vat nie. Voor die verkiesing al , het sy haar kommer uitgespreek oor een van die laaste wette wat in die parlement deurgejaag is.Volgens haar gaan dit verreikende gevolge hê vir provinsiale en plaaslike regering. Toe Manuel boonop as minister van 'n nuwe "super-departement" aangekondig word, het sy weer heftig gereageer....

Wat weet sy wat ons nie weet nie, of wat "sien" sy aankom?

1 comment:

Bertus said...

Zille is definitief 'n bevoegde en vaardige politikus.

Tog jammer dat sy Zuma se rokjagtery nou weer moes oproep - plaas fokus sy op iets anders.