Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

5/09/2009

Geseënde Moedersdag!!!

Al julle mammies: Mag julle tot in (nie onder) die grond bederf word. Mag dit ten minste net 'n klein deeltjie van die liefde (in al sy vorms) wat julle uitgegiet het, terugbetaal - want niks kan vergoed vir 'n moeder se insette nie (opoffering, bekommernis, trane, onderrig, opruim, lag, opvoeding en soveel meer).
Ons het ongelukkig nie kinders gehad nie (3 miskrame!), maar ek probeer dit elke jaar vir haar onvergeetlik maak. Ek het al vroeg dié week haar moedersdag-kaartjie klaar gemaak op my rekenaar en steek dit in my laai weg, vir haar ontbyt-in-die-bed môre-oggend. Die ontbyt is nie die groot ding nie, want sy kry dit die afgelope 45 jaar in die bed.
Oja, gepraat van sóveel jare: Ons is Dinsdag die 12de 53 jaar getroud.

Geniet die moedersdag gate uit!!!

Groetnis.
Gideon.

1 comment:

Liza said...

Baie dankie en ja dit was 'n lekker rustige herfsdag gewees ondanks die deurmekaarspul wat maar altyd met 'n pakkery/trekkery gepaardgaan - dus was daar geen sprake van 'n ontbyt-in-die-bed gewees nie, behalwe darem vir 'n lekker koppie tee.