Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

5/03/2009

Geloofsgenesing

Waarom wek geloofsgenesing/gebedsgenesing soveel emosie by mense op, veral by nie-Christene?

In vandag se Rapport (hier :
http://jv.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2510302,00.html en ook hier:
http://jv.news24.com/Rapport/Weekliks/0,,752-2496_2509873,00.html) .
Oor soveel kwessies word daar gesê: “Dit is ‘n mens se eie keuse” ... waarom dan nie ook oor geloofsgenesing nie?

3 comments:

Bertus said...

Dalk omdat geloofsgenesing die 'rasionele' wereld van sommige nie-gelowiges so diep 'offend' dat hulle dit as 'n tipe van peroonlike aanval beskou.

Ek sien dat ons ou vrind Oosthuyzen al weer gal braak oor Buchan, hy kan seker nie wag vir elke jaar se MM saamtrek nie.

Die arme man kry die aapstuipe dat daar honderdduisende 'koolkoppe' daarbuite rondbeweeg - ai, dat dit darem nou net hy is wat die sleutel tot alle kennis het.

Was almal maar net soos hy.

Liza said...

Henrietta, dis dalk omdat werklike en ernstige 'geloofsgenesing' geloof in die bonatuurlike verg. Maar ek wil ook byvoeg dat die sogenaamde kitsgeloofgenesers soos die Benny Hinns et al met hul 'selfverrykende shows' en bisarre metodes baie skade aangerig het en 'n persepsie van uitbuiting by nie-gelowiges sowel as baie gelowiges gelaat het.

Henrietta said...

Wie is die grootste "koolkop" : die ou wat glo dat God mense kan genees, of die ou wat "koolkop" genoeg is om sy Godgegewe liggaam te vergiftig met iets soos dwelms, rook en/of drank, of sy Gees te besoedel met pornografie, om maar net 'n paar dinge te noem?

Die lewe is propvol "koolkop" gedrag van allerlei aard - dit bly vir my vreemd dat mense SO erg reageer op geloofsgenesing. Op die ou einde van die dag, soos Naas Botha altyd gesê het, gaan dit oor mense se eie KEUSES.