Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

5/09/2009

Buchan se herstel " 'n Wonderwerk"...

In vandag se Beeld , hier: http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2512253,00.html
Na al die gerugte, stories en verdagmakery, uit die perd se bek uit.

6 comments:

Bertus said...

Ek is nie so seker dat dit 'n wonderwerk is nie.

Om vinnig te herstel is sekerlik nie in die dimensie van 'wonderwerke' nie?

Ek hou van Buchan, en ek hou veral van sy meer praktiese aanslag op die Evangelie - meer doen en minder praat, maar dinge raak nou 'n bietjie te dik vir 'n daalder.

Gideon said...

Bertus, dit lyk nie vir my na net 'n vinnige herstel nie. As ons die paramedikus Hartman se weergawe aanvaar: Hy is oortuig dat Angus 'n hartaanval gehad het, en dit laat spore in die bloedtoets.
So dit hang af of Hartman, met sy kwalifikasies en jare ondervinding, verkeerd was of nie. As hy reg was, dan was dit 'n wonderwerk. Anders was die bloedtoets foutief - en so kan ons aangaan.
Dit is vir my nie 'n probleem om te aanvaar dat almal reg was, en dat daar dus 'n wonderwerk gebeur het - gesien die moontlikheid dat God (in die gegewe situasie) iets van Sy stempel op die samekoms wou sit.
Ek is nie naïef-gelowig nie, maar ons kyk mos maar elkeen na die wêreld om ons deur 'n eie bril.

Groetnis.
Gideon.

Bertus said...

Goeie punt Gideon.

Liza said...

Dis beslis 'n wonderwerk veral as jy Angus Buchan se jare in ag neem!

Henry Thoreau stel dit vir my mooi as hy sê - Ons visie sal beperk bly solank ons alles wil begryp wat ons sien.En Gideon jy stel dit raak, ek wil glo dat God Sy stempel só op die samekoms wou sit!

Danie Loots said...

Die vraag is was hierdie wonderwerk so vinnig dat mense dink dat was oordrewe reaksie van Oom Angus en die organiseerders? Ek self het aanvanklik gewonder of hulle nie bietjie te veel oordryf nie, en dat dit glad nie so ernstig is nie. Die getuienis van die paramedikus, en ook die Zulu dokter die Sondagoggend by MMC, laat mens nogal wonder.

My observasie is dat baie mense (ek beskuldig nie vir Bertus nie) eerder sal glo dat dit nie 'n bo-natuurlike ingryping van God af was nie.

Ek sal beslis wil glo dat dit 'n wonderwerk was. Is dit SO skadelik indien ek verkeerd is?

Liza said...

Ek wonder of die mense in Christus se tyd ook so skepties gestaan het teenoor Sy wonderwerke, veral die wat dit nie eerstehands aanskou het soos die paramedikus nie.

Het ons dan al so afgestomp geraak dat niks ons meer beïndruk tensy dit nie met die rede verklaar kan word nie...?