Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

4/20/2009

"A mile wide and an inch deep"


Die Amerikaners het nogal soms 'n raak manier om dinge te beskryf... Het die uitdrukking op hierdie blog gekry : http://www.billyhornsby.com/, en gedink hoe waar is dit nie ook van ons kerkgangers hier in SA nie! Hoe kan mens meer diepte in 'n mens se geloofslewe ervaar? (Natuurlik deur die daily excercises van Liza se mannetjie hiernaas ook!)

3 comments:

Liza said...

...menende meer bek as binnegoed...?

Henrietta said...

Die Engelse sê mos : many a true word spoken in jest.... ja sowaar, 'n kerk of gelowige wat net praat en niks doen nie, is regtig maar "vlak", of wat praat ek als?

Henrietta said...

Interessante brief hier in vandag se Beeld:
http://jv.news24.com/Beeld/Opinie/Briewe/0,,3-2085-73_2508841,00.html

Onder andere skryf hy: “Mense soek hul god in ’n Angus – luister maar mooi na die manne. Hoe vlak kan geloof daal of is dit die resultaat van ’n kerk wat bykans ’n eeu lank ’n kultuur help skep het waarbinne die afgod verafgod is. Waarin die aardse en tydelike bekleed is met die ewige, waarin die leuen bedek is met ’n pragtige leeromslag wat vir ’n Bybelse waarheid bedoel was.”
As ek hierdie leser reg lees, is die “vlakheid” van sommige mense se geloof vir hom ‘n struikelblok.

Skep ons nie dalk vir onself 'n beeld van God, wat 'n afgod word nie? Is dit dan nie soveel te meer rede vir ons om te kyk na die “diepte” van ons geloof nie?