Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

4/23/2009

Het julle gestem?


Hi almal, hoop dit gaan goed met julle.

Het julle gestem? Toue lank? Ek self het in die Moot-area gestem en dinge het glad verloop. Net jammer dat die meeste Afrikaners in die tou sulke regte suurpruim-gevrete gehad het - net mooi niks was reg nie, en elkeen dring op die onbeskofste manier aan om in Afrikaans bedien te word. En wat is dit met ons mense en PT-broekies? Sies maar ons trek lelik en onnet aan. Kyk maar net na die swartmense en ons eie ou mense om te sien hoe mens ook met min geld nog steeds netjies kan wees.

Wil eintlik iets by julle weet - die ou voor my in die tou het gal afgegaan toe die kiesbeampte die inkkol op sy duim wou druk, volgens hom is dit die 'merk van die dier'.

Ek het al van te vore van hierdie beswaar gelees - kan iemand dalk lig werp op wat presies die issue is met 'die merk van die dier'?

Groete

3 comments:

Liza said...

Sessesses: "The mark of the beast has been the focal point of more rhetoric, ridicule, argumentation, and speculation than possibly any other single item in the Bible.

It is important to understand to whom John was writing and its purpose and to understand the time in history that the Mark of the Beast took place. The focus of Revelation is on the Church in John's day which was being persecuted by Imperial Rome. John would not give the members of the seven churches a puzzle that they could not solve. Most Bible expositors give us two candidates from Imperial Rome, Nero and Titus Flavius Domitianus. Take your pick; it's a toss-up in my mind, with Domitian (AD-81-96), the Roman Emperor who was beginning to demand that all his citizens worship him as a God at the very time that John penned the Book of Revelation. One of the threats facing Christians at this time was economic. They would not be able to buy or sell. Rev 13:16 - Rev 13:17 (NIV) 17so that no one could buy or sell unless he had the mark, which is the name of the beast or the number of his name. It's significant to mention that the very coins in their pockets at that time had Domitian's picture on it. What's important to keep in mind is that John's readers would have no problem understanding or any difficulty in identifying the mark of the Beast, as the Roman Empire was persecuting and putting to death Christians by the thousands, in the arenas. They were being made human torches, killed in gladiator events, and eaten by wild animals because they would not worship the false gods of Rome."

Hoop dit help - weet net nie hoe die ou in die ry 'n vingerafdruk met die merk van die bees in verband bring nie? Die bostaande verduideling deur een of ander Engelse dominee maak nogals vir my sin. Maar daar is letterlik duisende ander verklarings ook en om nie eens te praat van al die "diere" en simbole wat deur die eeue heen al onder verdenking deurgeloop het nie van Nero tot Bin Laden en ek lees nou die dag dat selfs Prins Charles van Brittanje se naam omgereken kan word tot die dier se getal...

Ek het so 'n jaar of wat gelede na 'n interessante program op National Geographic gekyk wat beweer dat dié "tegnologie", waarvan daar in Openbaring gepraat word (Openbaring 13:16-18) alreeds in verskeie lande geïmplimenteer word. Dis blykbaar 'n inplanting/"chip" - ongeveer die grootte van 'n ryskorrel - wat al jou persoonlike inligting bevat.

Die "chip" word met geboorte per inspuiting of so iets op die voorarm/bokant van hand ingeplant en d.m.v. 'n "scanner" gelees wanneer nodig. Die inligting word ook gereeld opgedateer namate die persoon ouer word.

National Geographic reken ook dat ELKE persoon op aarde oor twintig jaar "gechip" sal wees.

Henrietta said...

Hallo Bertus! Lekker om weer jou "stem" te hoor!

Yes, been there, done that .... maar daar was geen T-shirt nie, hehehe!

My seun in London het so paar dae gelede opgewonde ge-SM dat hy ook sy ding daar oorkant gedoen het...

Weens ander verpligtinge het ek eers na sewe gisteraand gegaan, en dit was so stil ek het gedink die wegraping het plaasgevind en ons enkeles het alleen oorgebly ;)))

Oor die "merk" - sjoe, as dit waar moet wees sal daar maar min mense oorbly in die wereld daarsonder!

Bertus said...

Dankie Henrietta en Liza - dit verklaar nogal die hele ding.