Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

4/12/2009

Die Heer het opgestaan!

Ja, Hy het waarlik opgestaan! Mag elkeen wat hier lees, die krag, die "dinamiet" , van Jesus se opstanding soos ons lees in Efesiërs 1 vers 19 ervaar!

2 comments:

Yf said...

Ja Henrietta,
en soos Christus die vloek van die dood afgeskud het (dink aan 'n hond wat water aktief afskud) (die letterlike tekens was daar in die vorm van die doodsklere wat in die graf was) so kan ons ook van ons doodskleed van die sonde ontslae raak, (op 'n passiewe manier) maar slegs alleen net deur Christus wat dit van ons wegneem. Iets wat 'n predikant in die verbygang genoem het, bly my by. Hy het gesê dat Christus sekerlik alleen Sy kruis kon gedra eht as Hy wou, maar Hy het Somon Neger toegelaat om Hom te help - net so kan Christus Sy koninkryk alleen vestig as Hy sou wou, maar Hy wil ons graag toelaat om Hom daarmee te help. Dis hoeveel vertroue Hy in ons het - eintlik 'n groot "vote" van vertroue!

Dalk nie so heeltemal Skriftuurlik suiwer nie, maar tog waar dat Hy Sy koninkryk sonder ons sou kon bou, indie Hy wou, ens.

Vrede daar

Henrietta said...

Dankie vir die mooi perspektiewe, Yf!

In 'n tyd soos hierdie "staan of val" mense se siening van die evangelie by die opstanding - net soos in die vroeë Christelike tyd. Die gonswoord deesdae is mos "metafories....", of wat praat ek als?

Meer as een keer sê Paulus in Handelinge dat hy voor die rade en die gereg gedaag word "oor die opstanding". Vir my is die laaste hoofstukke van 1 Korintiërs 15 die mooiste uiteensettings van die betekenis van die opstanding. Mens moet die hele 58 verse in een sitting lees (nie soos in die kerk "perikoop vir perikoop" nie), om die meeste daaruit te kry. In Handelinge 13 verse 29-35 word Jesus se opstanding direk verbind aan die Ou Testamentiese beloftes.

Dis so 'n versterking van mens se geloof om Bybelstudie oor die opstanding te doen! Ek hoor oor RSG dat Blackaby 'n boek "Beleef die opstanding" geskryf het - het een van julle dit al gelees?